Ons enigste ware 911!

Ons enigste ware 911!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is algemeen bekend in die Westerse wêreld dat jy enige tyd wanneer jy in die moeilikheid is net 911 kan skakel en daar sal iemand wees wat die oproep beantwoord en jou probeer help. Só baie mense het dit al in hulle nood gedoen en is gehelp. Waar kom hierdie nommer 911 vandaan? Hoekom hierdie spesifieke nommer? Lees gou hierdie vers uit Psalm 91:1.

“Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet,” (Psalm 91:1) hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my GOD op wie ek vertrou.” (Psalm 91:2) Vir ons as gelowige Christene is ons 911 mos ons Hemelse Vader, is dit nie?

Onthou jy nog die tye uit jou kindertyd wanneer daar ’n groot storm losbars en die wind en die reën kwaai gewoed het? Onthou jy hoe jou pa jou dan inroep en sê jy moet in die huis kom skuiling vind? As hy dan die  deur agter jou toemaak en jy veilig in die kombuis of jou kamer gesit het, het  jy kalm geword en veilig gevoel. Dis presies wat jou hemelse Pa ook vir jou in Psalm 91:1 sê: “Kom vind jou ware skuiling by My, die Allerhoogste en geniet die beskerming van My as die Almagtige!”

In die afgelope tyd word duisende christene in die Oosterse lande deur ekstremistiese Moslemgroepe vervolg.

Baie word onthoof, gemartel en vervolg, maar veel meer moet vlug om weg te kom uit vrees vir hulle lewens. Hierdie mense het geen plek om skuiling te vind nie en vlug oor die grense na lande waar hulle hoop om beskerming en skuiling te vind. Ons as Christene in Suid-Afrika en die relatief veilige Westerse lande mag nie ophou bid  dat ons Almagtige GOD en Hemelse Vader hierdie mense sal beskerm en hulle werklike 911 wees nie. Doen dit sommer nou net daar waar jy sit en lees. Bid vir hierdie Christene wat nou iewers in die koue, oor berge en deur gevare moet vlug vir hulle lewe.

Mag ek en jy in die tye wat kom, wanneer daar in ons lewe enige aanslag of gevaar opduik, hierdie plek van skuiling, ons ware 911, vind. Mag ons dan ervaar hoe die arms van die Almagtige ons toevou en ons beskerm teen enige gevaar of aanslag. Ons enigste hoop in lewe of sterwe, in nood of angs, is net in die Vader van ons HERE Jesus Christus. “Dit is Hy wat ons uit so 'n groot doodsgevaar gered het en ons weer sal red. Op Hom is ons hoop gevestig: Hy sal ons ook verder red.”  (2Kor. 1:10)  “Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.” (Ps. 91:7) “Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.”  (Ps. 91:11) 

Lees nou die hele Psalm 91 en vind jou ware 911 in die Almagtige!

Ons enigste ware 911!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles