Loslitte in Hoofstraat

Loslitte in Hoofstraat

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op Vrydag, 4 September 2015 was dit behoorlik “Loslitte in Hoofstraat af”. Gansbaai Toerisme, in samewerking met Gansbaai munisipaliteit, het ‘n Loslitdag-staptog vanaf die SAPD-kantore tot by die munisipalekantore gereël.

Die staptog is goed ondersteun, met die polisie, brandweer en verkeersmanne wat met hulle voertuie “saamgestap” het, met sirenes wat almal van die staptog in kennis gestel het. Vanjaar se insameling van nie-bederfbare kos, toiletware en speelgoed, is vir Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, Silwerjare Dienssentrum, Gansbaai Elim Huis en Butterfly Centre (Stanford) ge-oormerk.

Vanjaar se tema vir Loslitdag was Loslit Innie Lente. Gansbaai se DA-tak, Biblioteek, Gansbaai Toerisme, Gansbaai SAPD en munisipale personeel, DA-raadslede en ander onganisasies, asook die hardwerkendes vir die Woekermark in die Pretoriussaal het almal mildelik bygedra. By die munisipalekantore het Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, almal verwelkom en ook bedank vir hulle goeie bydraes. Later die dag het skoolkinders ook met hul bydraes opgedaag.

Die gesellige “Loslit Innie Lente”, soos net Gansbaaiers dit kan doen, het suksesvol verloop, met almal wat dit terdë geniet het - maar ook vir die lekkerte van gee vir diegene wat dit nodig het.

 Hardus Botha

Loslitte in Hoofstraat

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles