“Die DA se Projek Winter Warmte is in Januarie 2015 begin en die doel was om ‘n warm mussie en ‘n paar “moffies” vir kleuters van genomineerde skole te skenk,” sê rdl Riana de Coning. “Vrywilligers vanuit die gemeenskap het wol geskenk en ander het weer aan die werk gespring en begin brei.” Sy sê die aanvraag na wol het toenemend vergroot en daar moes noodgedwonge wol op ‘n sporadiese wyse aangekoop word. 75 stelle truie en 200 stelle mussies en handskoene is gebrei.
Sy sê vanjaar se projek het op 2 Junie ten einde geloop en alle gebreide artikels is aan geïdentifiseerde skole oorhandig: Cool Kids in Gansbaai, Strandlopertjies in Blompark, Rainbow Kids in Beverley Hills, VGK voorskoolse groep in Blompark, Masakhane pre-school en Takalani. “Die projek het so gewild geraak dat die dames wat betrokke is, aanhou brei het,” het Riana gesê. “Ons kan dus gedurende 2016 weer sorg dat kleuters hierby baat, asook bykomende skole indentifiseer.”
Die behoefte aan wol bly dus onveranderd en ‘n beroep word op die gemeenskap gedoen om asseblief wol te skenk. ‘n Houer vir wol is by Needles & Pins in die Sparsentrum beskikbaar waar wol in geplaas kan word. Op hierdie wyse kan die DA se Projek Winter Warmte volgende jaar voortgesit word.
Hardus Botha