4x4 Bekende by Strandskloof

4x4 Bekende by Strandskloof

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ons het die 4x4 dag vir ons Amarok-kliënte gereël om hulle beter met hul fantastiese voertuie te vereenselwig,” sê Erno Coreejes van Rola VW Hermanus en ook organiseerder van die 4x4 dag te Strandskloof Karavaanpark van Tot en Isabel Fourie.

“Ons voertuig is die markleier in elke opsig en daarom is dit noodsaaklik vir ons dat ons kliënte verstaan waarom die Amarok so ‘n fantastiese produk is.” André de Villiers, wat die voertuigbestuurders met ‘n lesing en praktiese demonstrasies kom touwys maak het, is verbonde aan Volkswagen Suid-Afrika en ‘n welbekende in Suid-Afrikaanse 4x4- en veldry-kringe. Hy kom uit ‘n engineursagtergrond en is deeglik op hoogte van die tegniese aspekte van 4x4 ritte. Hy is ook die aanbieder van die gewilde Safari 4x4 Roetes op KykNet. “Ons is deur Erno van VW Hermanus genader om die dag vir die groep te reël,” vertel Isabel.

Die manne is behoorlik deur haar en Tot bederf. Smaaklike verversings het met hul aankoms op die sowat 15 manne gewag, met die dag wat met ’n skaapspitbraai afgesluit is. Na die kort lesing van moets en moenies, is die manne na die 4x4 hindernisbaan op Tot en Isabel se plaas en kon André behoorlik demonstreer wat hy tydens die lesings aan hulle oorgedra het. Strandskloof Karavaanpark is ideaal  ontwikkel, met ’n netjiese terrein vir groepe besoekers met karavane, byeenkomste en dies meer.

Kontak gerus vir Tot of Isabel Fourie by 082-721-4381, of stuur ‘n e-pos aan strandskloofpark@omail.co.za. Hulle webtuiste kan by www.strandskloofpark.co.za besoek word.

Hardus Botha

4x4 Bekende by Strandskloof

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles