Overberg Kushengelklub (17 Sept 2015)

Overberg Kushengelklub (17 Sept 2015)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

SATERDAG,  12 SEPTEMBER 2015

Dis Saterdagmiddag en amper 18:00 - die skaal wys 0.00. Die manne kyk rond in afwagting, maar diegene met vis hou hul vangste stilweg in die sakke.  Dit voel kompleet soos Oukersaand net voor die persente uitgedeel word.  Die afwagting raak elke maand meer hoe skaarser die vis raak. 

Gelukkig is daar darem nog manne wat kan en die puntestand tussen die voorste manne is dan ook baie na aan mekaar.  ‘n Paar pragtige galjoene is geland en die glimlagte was breed.

Die Klub wil  dan ook die getroue borge weer eens hartlik bedank. Moeilike ekonomiese tye maak dit baie moeilik vir besighede, maar steeds ondersteun hul die Klub gereeld.  ‘n GROOT dank dan ook aan die onderstaande besighede vir Saterdag se pryse: Liquor Land, Fish Fever, Buitesteen en Franskraal Kafee.

Die grootste vis (galjoen van 1.62kg!) is deur Henry Smit gevang. Baie geluk Henry.  Die tweede swaarste vis, weer ‘n galjoen van 1.34kg, is deur Oubaas Lesch gevang.  Die swaarste sak van 2.50kg  is deur Henry Smit ingeweeg. Daar is nog net twee kompetisiedatums vir die jaar oor, so diens weer ‘n slag die katrolle, kry die aas reg en krap die puntestaat deurmekaar.  Ons het gehoor van groot mosselkrakers wat verloor is, maar so in die see weeg hulle niks! Die klub se volgende wedstryd in Oktober is die gebruiklike gesellige wegnaweek (‘n gesinsnaweek soos min) waar die Stilbaai-klub se manne (en vroue) aangepak word.  Verlede jaar het die Gansbaaiers baie ‘braggerig’ huis toe gekom as die algehele wenners (dis nou van die visvangste, ons praat nie nou oor die geselligheid se uitslag nie).  Dit teen ‘n span wat die Suid-Kaap kampioene was!  Kom ons kyk of ons dit weer kan regkry.

Tot volgende maand.

Hengelgroete. Elba Tredoux

Overberg Kushengelklub (17 Sept 2015)

Elba Tredoux

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles