Tydens die WP Skietkampioenskappe het Johan van der Mescht van Franskraal uitstekend presteer. Hy het aan 8 items deelgeneem, naamlik 6 geweer-items en 2 pistool-items - met al 8 items wat vanuit ‘n staande posissie geskiet is. Die kompetisie het oor ‘n tydperk van 3 dae plaasgevind.
“Hoewel die wind die toestande vir skiet baie bemoeilik het, is daar uitstekende tellings geskiet,” sê Johan. “Elke item behels die skiet na 40 teikens op verskillende afstande.”
Johan se uitslae is soos volg: die 4-geweer teleskoop-afdeling - 3 tweede plekke en 1 eerste plek, asook ‘n algehele tweede plek in die groot totaal; die 2-geweer oopvisier-afdeling - 2 eerste plekke, asook die algehele eerste plek in die groot totaal; met die gekombineerde tellings van die 2-geweer teleskoop- en oopvisier-afdelings - ‘n algehele eerste plek.
Wat hierdie uitslae besonders maak, is die feit dat Johan tydens al die items met dieselfde geweer geskiet het. In die 2 pistool-items waaraan hy deelgeneem het, het hy onderskeidelik ‘n eerste- en ‘n derde plek behaal. Johan kwalifiseer nou om aan die Nasionale Proewe deel te neem, met die oog op die Wêreld Kampioenskappe in 2016.
Johan haal WP-Skietspan
17 September 2015Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Under the Microscope: Must Love Ants!
Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants.
From Fresh Eggs to Chicken Manure
Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No
You never validate YES. Why do you want to validate NO?
Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa
What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals!
October is Breast Cancer Awareness Month
At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...












