APSS se GROOT Opgewondenheid

APSS se GROOT Opgewondenheid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die  geskiedkundige African Penguin & Seabird Sanctuary (APSS) in Kleinbaai, ‘n inisiatief (en droom) van Wilfred Chivell, is sedert verlede week gevul met dankbaarheid en nuwe vreugdes. Eers is ‘n enorme Afrika Pikkewyn op Vrydag, 18 September 2015 op die dak van die sentrum aangebring.  Daarna,  op Dinsdag,  22 September 2015  is  ‘n pragtige  5.5m  rubberboot (vessel) aan Wilfred Chivell deur Keith Govender, Uitvoerende Direkteur van Nautic Suid-Afrika, oorhandig. 

“Acting in response to the needs of the recently established African Penguin and Seabird Sanctuary (SAPSS) in Gansbaai, the Nautic Group, a Paramount Group company, has stepped in to donate a 5.5m vessel that will greatly assist with the release of rehabilitated birds back into their natural environments,” Keith said. “Buoyed by their own focus on sustainability and commitment to the marine environment, Nautic hopes that the donation of a boat will further the objectives of the sanctuary in this regard.” He also said they value the work being done by the team at the SAPSS and support their endeavours in making a difference to our marine environment, adding that he hopes the donation will have a very real impact on the protection of penguins and seabirds that are in distress.

 Die enorme Afrika Pikkewyn op die sentrum se dak is deur Piet Pretorius, 'n bekende afgetrede Taksidermis van die Suid-Afrikaanse Museum, gebou. Die pikkewyn staan 3m hoog en ‘n hyskraan moes gebruik word om dit op die sentrum se dak te plaas met dank teenoor Gareth Martinengo van Gamco. Piet het sowat 2 maande deeltyds daaraan gewerk. “Omdat glasvesel vir die finale afronding nie aan ander gebruikte materiaal heg nie, het ek ou Gansbaai Courant’e daarvoor gebruik,” vertel Piet. Hy was ook verantwoordelik vir die aanmekaar hegting van Suzie, die bekende walvisskelet wat aan die Great White House in Kleinbaai se plafon hang.

Inwoners, asook vakansiebesoekers aan Gansbaai, kan gerus die pragtige African Penguin & Seabird Sanctury (APSS) by die kruising van die Gansbaai/Kleinbaaipad en Dangerpoint/Franskraalpad (nuwe teerpad) besoek - en met die yslike Afrika Pikkewyn op die dak, kan dit nie misgekyk word nie. Dit is ‘n goed ingerigte sentrum vir die rehabilitasie van beseerde Afrika pikkewyne en ander mariene diere en -voëls. Die APSS is elke dag van die week vanaf 09:00 tot 16:00 oop vir gratis besoeke, met ‘n vrywillige donasie wat gegee kan word. Inwoners en besoekers kan gerus ‘n draai gaan maak.

Onthou van die Pikkewyn Reddingslyn se kontaknommer: 072-598-7117.

Hardus Botha

APSS se GROOT Opgewondenheid

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles