God het weer stil stil een van die mooiste blomme kom pluk. Dok en familie, ons innige meegevoel met julle groot verlies. Ons treur saam met julle en dra julle op in ons gebede.
Mag God julle dra in hierdie moeilike tyd.
Hy was altyd 'n "perfect gentlemen" en altyd gewillig om met 'n glimlag iets vir sy medemens te doen.
Niks was vir hom moeite of te groot as dit by ander kom nie; voorwaar iemand om na op te kyk. Zander se heengaan los verseker 'n groot leemte in die Gansbaai gemeenskap en hy sal ontsaglik gemis word deur almal.
Zander, jy sal altyd ons SUPER HERO bly!!!
Tot ons weer ontmoet SUPERMAN.
GANSBAAI MELODRAMA GROEP