Toerisme se 21ste AJV

Toerisme se 21ste AJV

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Toerisme se 21ste Algemene Jaarvergadering het op Dinsdag, 15 September 2015 plaasgevind. Bevredigende en positiewe verslae oor die afgelope jaar se werksaamhede en finansiële bestuur is onderskeidelik deur Brenda du Toit en Glenda Kitley gelewer. Brenda du Toit is eenparig as voorsitter vir die nuwe jaar herkies.

Die volgende komiteelede van die vorige jaar het hulself weer herkiesbaar gestel, wat deur die vergadering goedgekeur is: Glenda Kitley (Bestuurder: Gansbaai Toerisme), Caron Lee, Hardus Botha, Gregory Charlsley en Jason Stonehewer. Nuwe lede wat verkies is, is Karin Brumer, Elzaan van Lill en Cari du Plessis. Die spesifieke portefuljes wat aan komiteelede toegeken sal word, word tydens die eerste Komiteevergadering gefinaliseer. Die voorsitter het haar opregte dank en waardering uitgespreek teenoor die uittredende lede Gina Boysen en Katrina Adams vir jarelange se harde werk in die komitee, asook teenoor Hannes Linde wat nie weer beskikbaar was nie. “Ons het ‘n bedrywige, produktiewe en interessante jaar agter die rug, met vele nuwe sake wat aangespreek is,” het Brenda gesê. “Nou sien ons uit na die nuwe jaar se uitdagings.”

Vele positiewe komplimente rakende die Toerismesaal se uitleg en uitstallings is ontvang, met dank teenoor Doulene Els, Maureen Valentine en Ally Msweli vir hulle bydrae in hierdie verband. Michael Lutzeyer gave a very interesting and motivating talk about marketing the area and not just the various establishments and products. He shared the various initiatives that Grootbos is involved in the upliftment of the community. An inspiration for everyone. Glenda het haar opregte dank en waardering teenoor die borge van die smaaklike eetgoed uitgespreek, naamlik Tolbos Bistro, Thyme at Rosemary, Great White House, B’Blondes, Grootbos, McClarkes Hideaway, Tuscany en Carols Catering. “Ook ‘n spesiale dankie aan Gansbaai Party Hire vir die gratis verskaffing van etlike items wat gebruik kon word,” het Glenda gesê. “Juanita, jy is ‘n ster en ons het vele komplimente oor die smaaklike eetgoed gekry.”

Vir vriendelike en kundige ondersteuning kan Gansbaai Toerisme se span by 028-384-1439 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by gansbaaiinfo@telkomsa.net. Besoek ook gerus hulle webtuiste by http://www.gansbaaiinfo.com.

Hardus Botha     

Toerisme se 21ste AJV

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles