Academia se marimba orkes is besig om die dorp op horings te neem. Die groep leerlinge, onder leiding van mej Rialet Groenewald en mnr Mervyn Hess, het cum laude vewerf by die onlangse Eisteddfod.
Hulle het al by troues opgetree en is geboek vir nog optredes later in die jaar. Die orkes het sommer gou die bynaam gekry van Smarindas – ‘n kombinasie van Sharkies en marimbas. By die onlangse suksesvolle opedag het die gehoor behoorlik gaande gegaan met videos neem en hande klap. Hulle moes selfs na die verrigtinge nog liedjies speel en 2016 se graad agts het lekker saam gedans.
Liezel Mostert