Op 12 September het De Kleine Gansies hul gewilde Gesinsdag by Kleinbaai Gholfklub aangebied. Die dag het 'n gholfkompetisie, damestee, kinderaktiwiteite en gourmet burger verkope behels. Die dag was 'n groot sukses en daar is om en by R40,000 ingesamel vir ons Gansies. Dit gaan aangewend word vir die opgradering van ons skool. Die gholfkompetisie was goed ondersteun met 'n vol baan. Ons wil 'n groot Gansie-dankie se aan Annev, ons hoofborg, asook aan elke prys - en gatborg en Kleinbaai Gholfklub.
Wat 'n interessante oggend was ons damestee nie, aangebied deur Wilene Sieberhagen van Chata Romano. Groot dankie aan OK Foods ons hoofborg, Gansbaai Party Hire, elke gasvrou, prysborg en uitstaller wat die dag so suksesvol gemaak het.
Petrus du Preez het vir ons Gansies 'n groot tent geborg en OK Foods hul springkasteel waarmee ons kinders heeldag, tesame met ons personeel, vermaak is. Baie dankie aan julle!
Ons gourmet burgers was 'n groot lekkerte en dankie ook aan die vrywillige hande wat gehelp het. Volgende jaar maak ons weer so!
Lise Bosman