‘n Nuwe tradisie is Maandagaand by Academia begin. Die eerste Sport Gala Dinee waar die afgelope jaar se sportspanne bedank is vir hul deelname die afgelope jaar.
Hoogtepunte van die aand was Themba en Thembasile Mangali en Marco Maarman vir uitstaande prestasies in landloop vir hul tyd by Academia. Jemaine Julies is vereer vir sy deelname aan skaak en dat hy Suid-Boland gehaal het. Jay-Lee Swart en Zandre Otto het albei Bolandkleure verwerf in damesrugby.
Die seuns hokkiespan het ook goed gevaar die afgelope jaar en hul afrigter, mnr Ludwig Schutz, het ‘n emosionele dankie aan sy span gelewer en genoem dat die span dit die moeite werd maak om ‘n onderwyser te wees.
Die hoogtepunt van die aand was die onder 19 rugbyspan wat ook die sportspan van die jaar is. Hul afrigter, mnr Wynand Bezuidenhout, het meegedeel dat die span se sukses is toe te skryf aan die span se harde werk en toegewydheid. Die manne het 10 agtereenvolgende wedstryde gewen. Die kaptein, AJ Spandiel, het die Prinsipaal Prestige toekenning gewen vir besonderse leierskap as kaptein van ‘n span.
Liezel Mostert