Eerste Sport Gala by Academia

Eerste Sport Gala by Academia

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 ‘n Nuwe tradisie is Maandagaand by Academia begin. Die eerste Sport Gala Dinee waar die afgelope jaar se sportspanne bedank is vir hul deelname die afgelope jaar.

Hoogtepunte van die aand was Themba en Thembasile Mangali en Marco Maarman vir uitstaande prestasies in landloop vir hul tyd by Academia. Jemaine Julies is vereer vir sy deelname aan skaak en dat hy Suid-Boland gehaal het. Jay-Lee Swart en Zandre Otto het albei Bolandkleure verwerf in damesrugby.

Die seuns hokkiespan het ook goed gevaar die afgelope jaar en hul afrigter, mnr Ludwig Schutz, het ‘n emosionele dankie aan sy span gelewer en genoem dat die span dit die moeite werd maak om ‘n onderwyser te wees.

Die hoogtepunt van die aand was die onder 19 rugbyspan wat ook die sportspan van die jaar is. Hul afrigter, mnr Wynand Bezuidenhout, het meegedeel dat die span se sukses is toe te skryf aan die span se harde werk en toegewydheid. Die manne het 10 agtereenvolgende wedstryde gewen. Die kaptein, AJ Spandiel, het die Prinsipaal Prestige toekenning gewen vir besonderse leierskap as kaptein van ‘n span.

Liezel Mostert

Eerste Sport Gala by Academia

Liezel Mostert

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles