Badisa / OK Foods HaS Gholfdag

Volgende naweek “bewe” Gansbaai se Gholfbaan weer met entoesiastiese gholfspelers en besoekers op Saterdag, 3 Oktober 2015 - alles ten bate van Herberg-aan-See (HaS). Vanjaar se hoofborg vir die Badisa / Gansbaai OK Foods HaS Gholfdag is Gansbaai OK Foods, met ontbyt en middagete wat by hulle borgskap ingesluit is.

Die pryse wat gewen kan word is nie te versmaai nie en sal menige gholfspeler se hart vuurwarm laat klop:

2 x wenpryse by Club Mykonos Langebaan (eenhede 0770 en 0778, met 2 kamers en 6 slaapplekke elk);
Dyer Island Cruises (Walviskyk Safarie vir 2 persone);
White Shark Tours (Haaihok-duik vir 2 persone);
Strandskloof Karavaanpark (gratis naweek);
1 x geslagte rooibok;
1x geslagte springbok;
Guano Organics Kunsmis-mengsel;
Gansbaai OK Foods (20 x geskenkpakke/hampers) plus (2 x halwe skape).

Met die borg van putjies staan sake soos op 22 September 2015 soos volg:

No 9 - Gansbaai OK Foods;
No 8 - Dr Frans en Nicolene Richards;
No 7 - AVBOB;
No 6 - Kleinbaai Superette, Drankwinkel en Motorhawe;
No 5 - HaS Beheerraad;
No 4 - ‘n Borg word nog benodig;
No 3 - Drs Marina Barnard en Russel Reuvers;
No 2 - Dr Christo Barnard;
No 1 - ‘n Borg word nog benodig.

Skryf vroegtydig in vir ‘n opwindende gholfdag met fantastiese prys, asook ‘n ontbyt en middagete. Inskrywingsfooie beloop R150 per persoon en die belangrike datum is Saterdag, 3 Oktober 2015.

Navrae en/of besprekings oor HaS se Gholfdag kan aan John by 028-384-0501 gerig word, of aan André by 028-384-1441.      

Hardus Botha

Vlnr is Anita van Dyk, Suster Linda Meyer, John van Rooyen, Jannie Brandt en Leon Hattingh, met vlnr in die gholfkarretjie Smittie van Rensburg (87) en Winnie Steenkamp (97) wat tydens 2014 se Gholfdag ‘n voorbeeld gestel het  (Argieffoto: Gansbaai Courant)
Herberg-aan-See se wenspan (1ste) tydens 2014 se HaS Gholfdag, met vlnr John van Rooyen (Bestuurder: HaS),  Malcolm Bury (speler), Christo Spanellis (speler), Bev Swart en André Coetzee. (Argieffoto: Gansbaai Courant)