Kabeljou, stokvis en die baie lyne

Kabeljou, stokvis en die baie lyne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die goeie nuus was die kabeljou en selfs stokvis wat vir ‘n dag of twee hier by ons uitgeslaan het en mooi vis is aangekeer. Dalk vroeë tekens van ‘n goeie seisoen wat voorlê?

Hoeveel lyne moet jy gebruik op ‘n boot? Miskien nie so ‘n intelligente vraag nie want sekerlik word daar by elke boot aanpassings gemaak en ‘n man sal mos net soveel lyne as nodig gebruik. Maar ek dink die saak kort ‘n verduideliking of twee.

Ek gaan myself as voorbeeld neem en dit sal duidelik word waarom. My gewoonte is om met minstens twee en somtyds selfs meer lyne te hengel. Die rede is om te eksperimenteer op watter vlak en aan watter aas die vis beter gaan byt. Al die lyne word verskillend opgemaak en sal ook elkeen op ‘n ander vlak lê. Die idee is dan wanneer die een lyn begin resultate toon ek dan slegs daardie spesifieke lyn sal gebruik. Dit, vir my is tyd bespaar en effektief wees. Somtyds sal ek selfs van ‘n vierde lyntjie gebruik maak, byv. wanneer daar aasvis soos harders of maasbankers om die boot is. Nou ja, sover vir die teorie.

Die praktyk is egter nie so eenvoudig nie. Hier moet ek my bemanning om verskoning vra omdat dit somtyds ‘n las vir hulle is. Gelukkig het nog nie een van hulle my probeer skiet of iets dergeliks nie. (Amper soos jy neig om te wil doen met ‘n lastige rob of oorywerige seevoël!) Almal weet natuurlik hoe irriterend dit kan wees wanneer jou lyne deurmekaar loop. 

Niemand het lus vir truie brei op die water nie. En wanneer dit toegeskryf kan word aan ekstra lyne in die water is die ergernis soveel meer. Moet darem ook sê dat hoewel ek skuldig is aan hierdie oortreding sal ek nogtans let op iets soos seestrome en dan wanneer dit te erg is slegs van een lyn gebruik maak.

Heeltemal ongevoelig is ek darem nie en daar is mos ‘n doel waarom ek so maak. Maar die doel heilig nie altyd die middele nie en weer eens, skuus, manne (en ‘n dame of twee).

Dis amper somertyd en dan praat ons weer van kabeljou naby die wal, geelbek en sulke goeters! 

Groete, Seemeeu

Kabeljou, stokvis en die baie lyne

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles