Vasbyt Stappers

Vasbyt Stappers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai SAPD se vasbyt-stappers het op 28 tot 29 Augustus 2015 vir die vyfde agtereenvolgende jaar aan die Kannaland Vasbyt Stap te Ladismith deelgeneem. Die afstand wat oor dié 2 dae gestap word, is 75km. Hulle het ingeskryf in die kategorie vir gemengde veterane wat moet bestaan uit 3 mans en 3 vrouens. Hulle het dan ook verder ingeskryf vir die uitdaging teen ander polisie-spanne in dieselfde kategorie, asook as algehele spanne.

Die deelnemers bestaan hoofsaaklik uit lede van die SAPD, Korrektiewe Dienste, Weermag en Publiek. Die eerste dag is 40km se stap en die span het die afstand in 5 uur, 14 minute en 50 sekondes afgelê. Die tweede dag is aangepak met moeë bene en seer voete en die oorblywende 35km is in 4 uur, 50 minute en 15 sekondes afgelê - dus ‘n algehele tyd van 10 uur, 6 minute en 5 sekondes. Die algehele tyd van verlede jaar is met 40 minute verbeter.  

Die span het in die uitdaging vir die SAPD lede die goue medalje verower en met die algehele uitdaging het hulle die silwer medalje verower. Korrektiewe dienste het hulle gewen met 3 minute en 49 sekondes, Die span is trots op hulself en hul toegewyde oefeninge oor naweke het vrugte afgewerp. Die Gansbaai SAPD-span wil graag langs hierdie weg al die persone wie hul ondersteun het om die geleentheid moontlik te maak, hartlik bedank.

Gansbaai SAPD

Vasbyt Stappers

Gansbaai SAPD

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles