Vasbyt Stappers

Vasbyt Stappers

Gansbaai Courant

Gansbaai SAPD se vasbyt-stappers het op 28 tot 29 Augustus 2015 vir die vyfde agtereenvolgende jaar aan die Kannaland Vasbyt Stap te Ladismith deelgeneem. Die afstand wat oor dié 2 dae gestap word, is 75km. Hulle het ingeskryf in die kategorie vir gemengde veterane wat moet bestaan uit 3 mans en 3 vrouens. Hulle het dan ook verder ingeskryf vir die uitdaging teen ander polisie-spanne in dieselfde kategorie, asook as algehele spanne.

Die deelnemers bestaan hoofsaaklik uit lede van die SAPD, Korrektiewe Dienste, Weermag en Publiek. Die eerste dag is 40km se stap en die span het die afstand in 5 uur, 14 minute en 50 sekondes afgelê. Die tweede dag is aangepak met moeë bene en seer voete en die oorblywende 35km is in 4 uur, 50 minute en 15 sekondes afgelê - dus ‘n algehele tyd van 10 uur, 6 minute en 5 sekondes. Die algehele tyd van verlede jaar is met 40 minute verbeter.  

Die span het in die uitdaging vir die SAPD lede die goue medalje verower en met die algehele uitdaging het hulle die silwer medalje verower. Korrektiewe dienste het hulle gewen met 3 minute en 49 sekondes, Die span is trots op hulself en hul toegewyde oefeninge oor naweke het vrugte afgewerp. Die Gansbaai SAPD-span wil graag langs hierdie weg al die persone wie hul ondersteun het om die geleentheid moontlik te maak, hartlik bedank.

Gansbaai SAPD

Vasbyt Stappers

Gansbaai SAPD

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles