Melodrama 2015 - Om na uit te sien

Melodrama 2015 - Om na uit te sien

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Daar sal weer eens vele nuwighede met etlike nuwe spelers wees om vanjaar na uit te sien,” vertel ‘n opgewonde JP Coetzer, voorsitter van Gansbaai Melodrama Kinder Trust.

“Alle items is nuutgeskep en reeds deeglik ingeoefen en meer as die helfte van die spelers sal ‘nuwe’ gesigte op die verhoog wees.” Hierdie gedugte groep bestaan jaarliks uit vrywillige lede vanuit die gemeenskap wat vele tyd en harde vooraf voorbereiding aan die dag lê - nie vir hul eie sakke nie, maar om die Trust se fondse te versterk ten bate van liefdadigheid in die gemeenskap. Deur hulle voluit te ondersteun, beteken dus om veral minder bevoorregte kinders in die onderskeie gemeenskappe te ondersteun. Vanjaar se gedugte Bestuurspan bestaan uit JP Coetzer as organiseerder, saam met Adrie Nigrini, Juanita Hage, Juanita van Zyl, Michiel Geldenhuys en Roza Rabe.

Vanjaar se Melodrama word weer eens in die Pretoriussaal aangebied en kostes vir hierdie grootskaalse poging vir liefdadigheid en 6 maande se harde werk en opoffering, beloop ‘n skrale R40 vir kinders en R50 vir volwassenes. Eerskomende Woensdagaand, 7 Oktober sal alle kinders weer met ‘n gratis vertoning bederf word, Donderdag- en Vrydagaande, 8 en 9 Oktober se vertonings is vir gesinne. Soos gebruiklik sal daar weer op Saterdagaand, 10 Oktober ‘n prestige Gala-aand wees teen R220 per persoon, ingesluit ‘n 3-gang maal wat deur Blue Goose voorberei sal word.

Kaartjies vir die Gala-aand kan by JP Coetzer (083-274-9674) bespreek word, of skakel vir Juanita Hage by 071-254-9396, met nog slegs 40 kaartjies wat beskikbaar is.

Hardus Botha

Melodrama 2015 - Om na uit te sien

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles