Evert Snyman se stem het stil geword

Evert Snyman se stem het stil geword

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Evert Snyman is Vrydag 25 September oorlede.

In 2009 het die ATKV hom vereer vir sy volgehoue bevordering van Afrikaans, wat op daardie stadium reeds 33 jaar geduur het.

Snyman was ’n vriend van die ATKV. In ’n baie kort verklaring, vroeg vanoggend, het Japie Gouws, besturende direkteur ATKV-groep, gesê: "Hy was ons baie goedgesind."

Evert Snyman was vir baie Afrikaanssprekende mense ’n gas in die huis. Hy was ’n bekende omroeper, skrywer en akteur. Talle dramas het hy saam met sy vrou, Mari, geskryf en hy was ook bekend vir sy storiereeks vir die kleingoed, wat oor die wel en weë van Stoffel die Seekoei gehandel het.

“Oom Evert” sal ook deur baie kinders onthou word vir Storietyd, die program wat saans net na 19:00 op RSG uitgesaai is.

Benewens sy liefde vir stories, die radio en Afrikaans, was Evert ook ’n kranige motorfietsentoesias en het hieroor ook ’n radiorubriek behartig. “Die man het die lewe geleef,” het Amanda Olivier, ’n toenmalige kollega van Snyman, in ’n onderhoud op Pasella gesê: “Dit word in sy dramas weerspieël,” het sy bygevoeg.

Snyman is in 2006 met ’n skaars niersiekte gediagnoseer en moes gereeld dialise ondergaan. In ’n onderhoud met Beeld het hy gesê groot dele van Stoffel se avonture is geskryf terwyl hy vasgekluister was aan die dialisemasjien.

Hy is nie net deur die ATKV vereer nie. In 1994 het hy die gesogte Artes-toekenning gekry as Beste Uitsaaier: Radiodienste wat in Engels en Afrikaans uitsaai.

Evert Snyman het in 1976 by die Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (TRUK), as akteur begin werk.  Hy was ’n gereelde akteur in verskillende radiodramas en reekse vir die destydse Afrikaanse Radiodiens en Springbokradio.

In 1982 sluit hy hom aan by die Afrikaanse Radiodiens as omroeper en regisseur.

Twee jaar later het gaan werk hy by Mimosafilms.

In 1984 het hy die vryskutmark betree, maar het in 1987 weer voltyds aangesluit by die SAUK se Afrikaanse Radiodiens as Senior Omroeper/Regisseur.

Snyman het van homself gesê dat hy vinnig kon kwaad word en onder die jong akteurs het hy klaarblyklik die bynaam “Helsbesem” gehad, tog het verskeie van hierdie akteurs hulle lof uitgespreek vir die manier waarop hy hulle loopbane bevorder het.

Evert en Mari het twee kinders gehad.

Aan Mari, die kinders en die kleinkinders, wil die ATKV innige simpatie uitspreek. Ons het ’n vriend verloor, julle het ’n geliefde, ’n pa en ’n oupa verloor.

Evert Snyman se stem het stil geword

Lapa

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles