Evert Snyman se stem het stil geword

Evert Snyman se stem het stil geword

Gansbaai Courant

Evert Snyman is Vrydag 25 September oorlede.

In 2009 het die ATKV hom vereer vir sy volgehoue bevordering van Afrikaans, wat op daardie stadium reeds 33 jaar geduur het.

Snyman was ’n vriend van die ATKV. In ’n baie kort verklaring, vroeg vanoggend, het Japie Gouws, besturende direkteur ATKV-groep, gesê: "Hy was ons baie goedgesind."

Evert Snyman was vir baie Afrikaanssprekende mense ’n gas in die huis. Hy was ’n bekende omroeper, skrywer en akteur. Talle dramas het hy saam met sy vrou, Mari, geskryf en hy was ook bekend vir sy storiereeks vir die kleingoed, wat oor die wel en weë van Stoffel die Seekoei gehandel het.

“Oom Evert” sal ook deur baie kinders onthou word vir Storietyd, die program wat saans net na 19:00 op RSG uitgesaai is.

Benewens sy liefde vir stories, die radio en Afrikaans, was Evert ook ’n kranige motorfietsentoesias en het hieroor ook ’n radiorubriek behartig. “Die man het die lewe geleef,” het Amanda Olivier, ’n toenmalige kollega van Snyman, in ’n onderhoud op Pasella gesê: “Dit word in sy dramas weerspieël,” het sy bygevoeg.

Snyman is in 2006 met ’n skaars niersiekte gediagnoseer en moes gereeld dialise ondergaan. In ’n onderhoud met Beeld het hy gesê groot dele van Stoffel se avonture is geskryf terwyl hy vasgekluister was aan die dialisemasjien.

Hy is nie net deur die ATKV vereer nie. In 1994 het hy die gesogte Artes-toekenning gekry as Beste Uitsaaier: Radiodienste wat in Engels en Afrikaans uitsaai.

Evert Snyman het in 1976 by die Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (TRUK), as akteur begin werk.  Hy was ’n gereelde akteur in verskillende radiodramas en reekse vir die destydse Afrikaanse Radiodiens en Springbokradio.

In 1982 sluit hy hom aan by die Afrikaanse Radiodiens as omroeper en regisseur.

Twee jaar later het gaan werk hy by Mimosafilms.

In 1984 het hy die vryskutmark betree, maar het in 1987 weer voltyds aangesluit by die SAUK se Afrikaanse Radiodiens as Senior Omroeper/Regisseur.

Snyman het van homself gesê dat hy vinnig kon kwaad word en onder die jong akteurs het hy klaarblyklik die bynaam “Helsbesem” gehad, tog het verskeie van hierdie akteurs hulle lof uitgespreek vir die manier waarop hy hulle loopbane bevorder het.

Evert en Mari het twee kinders gehad.

Aan Mari, die kinders en die kleinkinders, wil die ATKV innige simpatie uitspreek. Ons het ’n vriend verloor, julle het ’n geliefde, ’n pa en ’n oupa verloor.

Evert Snyman se stem het stil geword

Lapa

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles