Wonderwerke van Jesus in Beeld

Wonderwerke van Jesus in Beeld

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is vanjaar se tema by die jaarlikse verruklike uitstalling van fynbos in die NG-Kerk te Stanford die komende naweek vanaf Vrydag, 2 Oktober 2015 tot Maandag, 5 Oktober.

‘n Groot span dames, opgedeel in kleiner spanne vir die onderskeie wonderwerke, onder leiding van Carol Lötter en Melody Schweyer het hard aan die voorbereidings gewerk. Die binnekant van die Kerk word letterlik met blomme en fynbos opgetower, ingesluit die preekstoel, met gerieflike wandel-spasie om alles in volgorde te kan bewonder. Enkele voorbeelde van die onderskeie wonderwerke wat op hierdie unieke manier met fynbos en blomme uitgebeeld word, is die gesondmaak van ‘n seun, blindes wat weer kon sien, Jesus se wandeling op die see, die stilmaak van ‘n storm, die genesing van die melaatse, Lasarus wat uit die dood opgewek is, Jesus se opvaar na die hemel en veel meer, gebaseer op Bybelgedeeltes.

Vanjaar is drie Gansbaaiers ook by die uitstalling betrokke. Anita Botha van De Kelders is gevra om betrokke te raak. Sy het vir Marian van Rhyn van Franskraal en Jane Bailey van De Kelders betrek en dié drie vorm ‘n gedugte spannetjie met hulle uitstallingsgedeelte van “Jesus het opgevaar na die hemel om vir my plek voor te berei”.

Besoektye aan die verruklike uitstalling in die NG-Kerkgebou is daagliks vanaf Vrydag tot Maandag vanaf ± 10:00 tot 17:00 (Sondag vanaf na die diens), en dit mag nie misgeloop word nie. Sondag sal daar ‘n Interkerklike Erediens deur ds Neil Ollewagen in die kerkgebou om 09:00 gehou word en almal sal welkom wees.

(Foto’s deur Jane Bailey, De Kelders)

 Hardus Botha

Wonderwerke van Jesus in Beeld

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles