Die toekoms begin NOU

Die toekoms begin NOU

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Lees eers hierdie onbeskryflike mooi gedeelte in 1 Petrus 1:3 en 4 (Die Boodskap Vertaling):

“GOD, die Vader van Jesus Christus, is darem groot en wonderlik. Hy self het ons Sy kinders gemaak. ’n Mens staan verstom oor Sy geweldige goedheid. GOD het ons beloof dat wat Syne is, ook ons s’n is. Met al die dinge wat Hy vir ons beloof het, kan niks skeefloop nie, want dit kan nie stukkend of verlore raak nie. GOD bêre dit vir ons daar by Hom. Daarom twyfel ons nie een oomblik dat GOD Sy woord gaan hou nie. Ons weet dit gaan gebeur, al weet ons nie wanneer nie.”

Die afgelope naweek (Maandag 28 September) het ons die vierde rooi maan (maansverduistering) in ’n siklus van ’n jaar beleef. Wat dit nog meer merkwaardig gemaak het, is dat die vier maansverduisterings presies saamgeval het met die vier laaste feeste waaroor die Bybel in Levitikus 23 skryf. Die vraag word dan ook baie ernstig in baie geloofsgemeenskappe gevra: Het die eindtyd aangebreek? Is al die verskriklike oorstromings, oorloë, vervolging van die Christene, nie alles tekens van die eindtyd wat aangebreek het nie? Moet ons as Christene nie onsself gereed kry vir die wederkoms van Jesus nie?

Ja, ons moet te alle tye gereed wees. Die wederkoms kan enige dag aanbreek volgens die Bybel. (Lees die gedeelte in Matteus 25:1-13 oor die vyf verstandige en vyf onverstandige meisies.) Maar is ons gereed? Is ons gered? Die Bybel is baie duidelik hieroor. As jy in Jesus glo, gee GOD vir jou ’n nuwe lewe saam met Hom, die ewige lewe. (Joh. 3:16)  Hierdie gedeelte hier bo uit 1 Petrus 1:3,4 en ook vers 23 verseker jou dat jy, omdat jy glo in Jesus, aan dieselfde familie as Jesus behoort. Dit is waarna die Bybel as die wedergeboorte verwys. Iemand wat sy hart aan Jesus gegee het (deur jou sonde te erken en jou geloof in Jesus te bely), word ’n tweede keer gebore (’n geestelike geboorte). Net soos wat jy nie met jou eerste geboorte kon keer dat jy in hierdie wêreld in gebore word nie, kan jy, as jy Jesus as jou Verlosser bely, nie keer dat GOD jou as Sy kind in die geestelike lewe laat ingaan nie. Niks kan jou nou meer keer om in die hemelse Vaderhuis in te gaan nie! Omdat jy glo in Jesus begin jy dan ook hierdie nuwe geestelike lewe van dag tot dag leef.

Wat ’n wonderlike GOD het ons nie! Ons leef nou alreeds as nuwe mense wat na die beeld van Jesus verander is. Ons sien met verlange uit dat die ewige lewe sal aanbreek (die wederkoms) wanneer GOD ons saam met Hom in Sy vaderhuis sal laat woon (Joh. 14:1,2). Daarom hoef Christene nie te vrees vir die eindtyd nie, want ons weet mos: Ons toekoms het die dag begin toe ons Jesus as ons Verlosser bely en aanvaar het. Die toekoms begin NOU!

Die toekoms begin NOU

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles