Die toekoms begin NOU

Die toekoms begin NOU

Gansbaai Courant

Lees eers hierdie onbeskryflike mooi gedeelte in 1 Petrus 1:3 en 4 (Die Boodskap Vertaling):

“GOD, die Vader van Jesus Christus, is darem groot en wonderlik. Hy self het ons Sy kinders gemaak. ’n Mens staan verstom oor Sy geweldige goedheid. GOD het ons beloof dat wat Syne is, ook ons s’n is. Met al die dinge wat Hy vir ons beloof het, kan niks skeefloop nie, want dit kan nie stukkend of verlore raak nie. GOD bêre dit vir ons daar by Hom. Daarom twyfel ons nie een oomblik dat GOD Sy woord gaan hou nie. Ons weet dit gaan gebeur, al weet ons nie wanneer nie.”

Die afgelope naweek (Maandag 28 September) het ons die vierde rooi maan (maansverduistering) in ’n siklus van ’n jaar beleef. Wat dit nog meer merkwaardig gemaak het, is dat die vier maansverduisterings presies saamgeval het met die vier laaste feeste waaroor die Bybel in Levitikus 23 skryf. Die vraag word dan ook baie ernstig in baie geloofsgemeenskappe gevra: Het die eindtyd aangebreek? Is al die verskriklike oorstromings, oorloë, vervolging van die Christene, nie alles tekens van die eindtyd wat aangebreek het nie? Moet ons as Christene nie onsself gereed kry vir die wederkoms van Jesus nie?

Ja, ons moet te alle tye gereed wees. Die wederkoms kan enige dag aanbreek volgens die Bybel. (Lees die gedeelte in Matteus 25:1-13 oor die vyf verstandige en vyf onverstandige meisies.) Maar is ons gereed? Is ons gered? Die Bybel is baie duidelik hieroor. As jy in Jesus glo, gee GOD vir jou ’n nuwe lewe saam met Hom, die ewige lewe. (Joh. 3:16)  Hierdie gedeelte hier bo uit 1 Petrus 1:3,4 en ook vers 23 verseker jou dat jy, omdat jy glo in Jesus, aan dieselfde familie as Jesus behoort. Dit is waarna die Bybel as die wedergeboorte verwys. Iemand wat sy hart aan Jesus gegee het (deur jou sonde te erken en jou geloof in Jesus te bely), word ’n tweede keer gebore (’n geestelike geboorte). Net soos wat jy nie met jou eerste geboorte kon keer dat jy in hierdie wêreld in gebore word nie, kan jy, as jy Jesus as jou Verlosser bely, nie keer dat GOD jou as Sy kind in die geestelike lewe laat ingaan nie. Niks kan jou nou meer keer om in die hemelse Vaderhuis in te gaan nie! Omdat jy glo in Jesus begin jy dan ook hierdie nuwe geestelike lewe van dag tot dag leef.

Wat ’n wonderlike GOD het ons nie! Ons leef nou alreeds as nuwe mense wat na die beeld van Jesus verander is. Ons sien met verlange uit dat die ewige lewe sal aanbreek (die wederkoms) wanneer GOD ons saam met Hom in Sy vaderhuis sal laat woon (Joh. 14:1,2). Daarom hoef Christene nie te vrees vir die eindtyd nie, want ons weet mos: Ons toekoms het die dag begin toe ons Jesus as ons Verlosser bely en aanvaar het. Die toekoms begin NOU!

Die toekoms begin NOU

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles