Die viswater wag

Die viswater wag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die kabeljou is aan die woel en as jy hulle soek en boonop wil deel in al die ander vis wat nou gevang word, hou jou visgereedskap byderhand en neem deel aan die pret, by  die huis sit is uit!

Haai!   Hoop dit gebeur nie met jou nie……

In die swelling het die haai duidelik vertoon. Asemwekkend het hy vlak voor ons verbygeswem. Dit was gerusstellend om te weet ons hengel vanaf ‘n paar rotse, afgesny van die land en hy kon ons nie daar bykom nie. Slegs een keer het hy belangstelling in ons getoon toe hy op ‘n roman aanspraak maak en ons met slegs die kop aan die hoek gelos het.  Sy massiewe vin wat net-net bo die water uitgesteek het, het ons egter daaraan herinner dat hy steeds met ons is. Tog moes ons sy grasie bewonder.  

Agter ons, in ‘n poeletjie, het ons vis gelê. Ons sou hulle moes inryg vir die terugtog en die gedagte aan die haai het my onrustig gestem. Die seewater wat ons omring het was met die groei heelwat dieper as toe ons daar aangekom het. Jan het begin praat oor sy vorige ondervindinge met haaie en hy kon dalk aangedik het, maar sy stories was allesbehalwe gerusstellend. Saam het ons uiteindelik besluit om pad te gee en elkeen se vis is ingeryg en om die lyf vasgemaak. Met ‘n terugkyk na waar ons die haai laaste gesien het, is ons die water in.

Voor ons het ongeveer veertig meter se loop gelê. Weens die malende water was daar nie veel te sien nie, bowendien het die riwwe dit feitlik onmoontlik gemaak om jou balans te behou. Die vis wat ons saamgesleep het, het dit nie makliker gemaak nie. Die twee van ons was voor met Jan, die ouer een, wat gevolg het so goed hy kon. Net die gedagte aan die haai en die bloedspoor wat die vis gelaat het was genoeg aansporing vir ekstra spoed, riwwe of te not. Die wal het vreeslik ver gelyk, maar ons het so gou moontlik daar probeer kom, amper paniekerig om uit die haai se gebied te kom.

Toe gebeur dit! Van agter af skree Jan aanmekaar, en die man klink vreesbevange, “Haai! Haai!” Ons raak verwilderd en hardloop teen mekaar vas en vir ‘n oomblik was ons ineenge-strengel. Boonop trap ek toe in ‘n gat en klou aan my maat vas, sodat hy soos ‘n drenkeling met my begin stoei om weg te kom. Dis eers toe ons Jan se bulderende gelag hoor dat die besef tot ons deurdring dat dit maar sy manier is om ‘n grap te maak.

Ons het tog die wal in rekordtyd gehaal en kon sien hoe Jan, slap van die lag, nie eens probeer om uit die water te kom nie. Duistere gedagte, was die haai maar naby hom…

Groete, Seemeeu

Die viswater wag

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles