Deur middel van Phillip Fourie, voorsitter van die Birkenhead-boothengelklub is inligting bekom wat finaliteit verskaf aangaande die vang van rooisteenbras.
Die Grenshengelklub het verlede jaar ‘n hofgeding aanhangig gemaak teen seevissery wat die vang van rooisteenbras verbied het. Die hof het ten gunste van die hengelklub beslis en die vang van hierdie visspesie is weer gewettig. Daar is wel ‘n toeseisoen gedurende die maande Oktober en November. Die klub vra egter alle hengelaars om ook gedurende September vrywillig die vang van rooisteenbras te vermy aangesien die vis dan vol kuite is.
Om bogenoemde te staaf word die volgende uittreksel geplaas uit inligting verkry van BDSAA (Border Deep Sea Angling Association):
BDSAA was successful last year in a judicial review of a total ban on the catching of red steenbras legislated by DAFF fisheries. The court ruled that the decision was, inter alia, irrational and lifted the ban on the Recreational Fishing sector.
Daar is geen verandering in die wettige grootte van 60 cm. nie terwyl een rooisteenbras per persoon steeds geld. Ek hoop dit klaar die onsekerhede op.
Seemeeu