Jami-Lee - Jong Sjef van die Jaar 2015

Jami-Lee - Jong Sjef van die Jaar 2015

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jami-Lee Saunders (22), ‘n junior sjef van Grootbos Foundation, is onlangs as “Jong Sjef van die Jaar 2015” aangewys - en dit sonder enige formele opleiding óf kwalifikasies.

Hierdie is die derde Gala-jaar waartydens sjefs van die jaar vir toekennings in aanmerking kom, maar dit is die eerste jaar waarby “jong sjefs” ingesluit was - en hierdie jong dame stap in die 1ste plek met die toekenning, ‘n trofee en ‘n sertifikaat weg! Sowat 75 groot en top-restaurante word jaarliks vir hierdie toekenings geselekteer. Ingesluit by die toekenning is ook ‘n wonderlike oorsese geleentheid vir haar. Jami-Lee word volgende jaar na Duitsland, Frankryk en Switserland gestuur om ‘n tydperk se kosbare ondervinding in ‘n top-restaurant in elk van hierdie lande op te doen.

Jamie-Lee is op 16 Junie 1993 gebore, maar is sedert sewe-jarige ouderdom ‘n Gansbaaier, nadat haar ouers, Kelly en Glenda Saunders van Tableview hierheen verhuis het. “Toe ons hierheen verhuis het, kon ek nie ‘n woord Afrikaans verstaan of praat nie, maar ek moes dit vinnig aanleer,” vertel Jamie-Lee. Sy deurloop haar laerskooljare in Laerskool Gansbaai, waarna sy haar matriek in 2011 aan die Overberg Hoërskool (koshuis) in Caledon verwerf. Jami-Lee het ná skool sowat 2 jaar in Florida spandeer. Grootbos Foundation het haar ‘n skrale 2 jaar gelede in diens geneem en haar die geleentheid gebied om as beginner-sjef vir hulle te werk. Tans is sy hulle “Commi Pastry” sjef.

“In kort beteken dit ek fokus op verleidelike soetgoedjies,” vertel sy met ‘n skalkse glimlag. “Dit is so dat ek oor geen formele opleiding of  kwalifikasies beskik nie, maar alles wat ek weet, het ek by my fantastiese senior sjefs hier by Grootbos geleer.” Sy bedank graag elkeen van hulle, maar veral die Bestuurder/Hoofsjef, Ben Conradie vir die groot geleentheid vir deeglike opleiding en ervaring wat sy deurloop het. “Alhoewel my passie in voedsel geleë is, is ek baie, baie lief vir diertjies en my blyplek is vol daarvan!”         

Hardus Botha

Jami-Lee - Jong Sjef van die Jaar 2015

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles