Blaffende BARC-Pannekoeke

Blaffende BARC-Pannekoeke

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Verlede Saterdag voor Gansbaai Superspar was dit die ene rep en roer soos wat ‘n klompie vrywillige dames al blaffende pannekoek ten bate van BARC gebak en verkoop het. “Dit was ‘n reuse sukses en al ons aangemaakte deeg is opgebruik,” vertel Annalie Jonker van die Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) in Gansbaai. Gesels mens ernstig oor BARC met Annalie, duik daar ‘n moedeloosheid op oor vele probleme, maar van handdoek ingooi is daar by hierdie “BARC-Ystervrou” nie sprake nie, selfs al kry sy nie die krediet wat sy verdien nie. Die effektiewe bestuur van BARC is vir haar ‘n passie in die lewe. As hulp by die hokke is Michelle Philander in Januarie vanjaar aangestel. Hierdie entoesiastiese dame se verantwoordelikhede strek egter veel verder as die skoonhou van hokke.  

Tans is daar nie ‘n permanente Veldwagter nie en BARC het weer ‘n advertensie vir een elders in hierdie uitgawe van Gansbaai Courant geplaas. Intussen help BARC se kannie-dood staatmaker, Antonie Jordaan, weer as Veldwagter uit, maar is terselfdertyd druk besig met die vergroting van BARC se Cattery (kattehok), asook addisionele hondehokke wat gebou moet word. Die tweedehandse BARC Winkel op die hoek van Hoof- en Korporasiestrate (langs Kekkel en Kraai) kan gerus besoek word, maar is ook afhanklik van die skenking van tweedehandse items. Vir diereprobleme en/of die aanneem van diere kan BARC se bestaande selnommer by 083-742-3903 geskakel word. Michelle sal antwoord en van hulp mees, met Antonie wat in meer ernstige gevalle van hulp sal wees.

Vir algemene BARC-navrae, asook die vakante Veldwagterspos, kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word.

Hardus Botha

Blaffende BARC-Pannekoeke

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles