Gansbaai Apteek van die Arrie Nel Apteekgroep het met ingang van 1 Oktober 2015 ‘n nuwe Bestuurder/Apteker in die plek van Fanie Viljoen aangestel.
Hierdie vriendelike jongman met ‘n innemende persoonlik-heid is Cobus Claassen (29). Hy is met Esti getroud en die egpaar het ‘n baba-seuntjie, Franko (8 maande). Die egpaar is van Centurion, Pretoria en Cobus sê dit was ‘n groot skuif vir hom, maar hy sien kans vir die uitdagings wat op hom wag.