Wonderwerke in Prag en Praal

Wonderwerke in Prag en Praal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die uitstalling van ‘n jaarlikse Bybelse tema in die kerkgebou van die NG-gemeente, Stanford met fynbos en blomme, was weer eens ‘n reuse sukses en verruklik mooi. Vanjaar se tema was die “Wonderwerke van Jesus” wat van links na regs om die binnekant van die kerkgebou uitgebeeld is, ingesluit die preekstoel. Jesus se wonderwerke is in twee verdeel: Wonderwerke in Bybelse tyd en Wonderwerke in vandag se tyd. Wat ‘n belewenis was dit nie om die dames (met manne-hulp tussendeur) se handewerk te bewonder nie. ‘n Groot span dames, opgedeel in kleiner spanne vir die onderskeie afdelings, onder leiding van Carol Lötter (skryf van die tema en organisatoriese reëlings) en Melody Schweyer as regterhand, is beloon met welverdiende satisfaksie en komplimente ná vele harde werk.

Die volledige uitbeeldings in hul onderskeie afdelings was: Jesus is met ons tot die voleinding van die wêreld; Mag van Jesus; Maak seun gesond; Laat blindes sien; Loop op die see; Maak storm stil; Kies ons as sy getuies; Genees melaatse; Opwekking van Lasarus; Lig van die wêreld; Sterf aan die kruis vir ons sondes; Hemelvaart; Wonderwerke in Stanford en in Suid-Afrika in ons daaglikse lewens. Die uitstalling eindig met Jesus wat steeds wonderwerke doen - wag net geduldig op Hom - met ‘n windpomp as voorbeeld: “Die windpomp gaan soek nie die wind nie…”

Die werkers aan die onderskeie afdelings wat sonder twyfel krediet verdien, is (alfabeties): Adanne Geldenhuys, Barbara Martin, Berry Els, Caroline Hayes, Cheryl Garrod, Chris en Amanda de Wit), Gansbaai (Anita Botha, Mariana van Rhyn en Jane Bailey), Gerda Benade, Grieta Swart, Ina van Zyl, Laerskool De Bron, Laerskool Okkie Smuts (Nadia van der Vyver), Rita de Preez, Susan Swart, United Church (Sandy Jardine, Sherlly Lourens en Mary Troost) en Wanja van der Walt. Die ingange, pilare, trappe en gallery is deur Stanford Munisipaliteit (Petronella Ferrera), Stanford VGK (Maureen Diedericks), Fienie Swart, Linden Morris, Elsabe Terblance, Carlien Dreyer, Jacqualine van Dyk en Pearl Gillman gedoen en die perkamentrolle deur Adanne Geldenhuys, met laaste, maar nie die minste, die kundige Carol Lötter en Melody Schweyer.

Die Gansbaaiers sê hulle voel bevoorreg dat hulle vanjaar deel van die uitstalling kon wees met hulle: “Jesus het opgevaar na die hemel om vir my plek voor te berei”. Die pragtige skildery van Jesus se hemelvaart wat in hierdie uitbeelding uitgestal en gebruik is, is deur Caroline Hayes geskilder. Die Interkerklike “Prys- en Aanbiddingsdiens” is goed bygewoon en is op ‘n insiggewende wyse deur ds Neil Ollewagen aangebied. Dan het die gemeente ook ‘n suksesvolle en gesellige basaar gedurende die Saterdag gehou.

Hardus Botha

Wonderwerke in Prag en Praal

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles