King of the Bay

King of the Bay

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met vanjaar se “King of the Bay” is dit Overberg Boothengel-klub, met Wayne Middleton en sy bemanning op sy boot, Waypoint 1 wat die gesogte King of the Bay Wisseltrofee ingepalm het. Die naweek se King of the Bay Boothengelkompetisie, met die Birkenhead Boothengelklub as gasheer, was weer eens ‘n baie groot sukses.

“Baie geluk aan Wayne, sy bemanning en die Overberg Boothengelklub,” het voorsitter Philip Fourie van Birkenhead Boothengelklub gesê. “Verlede jaar was dit ons beurt en ons wens julle geluk met julle beurt, maar is veral dankbaar vir die heerlike samesyn en sportmansgees wat weer eens onderling geheers het.” Die 3 deelnemende bootklubs was: Birkenhead Boothengelklub (BBK), Overberg Boothengelklub (OB) en Walkerbaai Boothengelkklub (WB). Die hengelaars het Vrydagaand in die Birkenheaders se saal vir die Skippersvergadering bymekaargekom en daarna tydens ‘n gesellige vleisbraai saamgekuier. Saterdag is hulle see toe, met ‘n see wat in ‘n erg omgekrapte bui was.

7 bote het ingeskryf en al 7 het ingeweeg: BBK (4 bote - 28.65kg); WB (2 bote - 19.1kg); OB (1 boot - 12.2kg). Individuele uitslae is soos volg: swaarste vis, Johan Burmeister (BBK: Rooi Stomp - 2.35kg); 2de swaarste vis, Henri Punt (BBK: Rooi Roman 2.05kg); swaarste sak (9.2kg), Johan Burmeister (BBK); 2de swaarste sak (5.45kg), Wayne Middleton (OB); swaarste bootgemiddeld (7.05kg), Nu Nu van Johan Burmeister (BBK); 2de swaarste bootgemiddeld (4.07kg), Waypoint 1 van Wayne Middleton (OB); dame swaarste sak, Dixie Walsh (BBK: 1.92kg). Met die totale massa per klub, asook die individuele uitslae, wil dit voorkom asof die finale uitslag “effens skeef” is, maar die “Wet op Gemiddeldes” het die finale uitslag anders bepaal, wat soos volg is (gemiddelde gewig per klub): 1ste is OB met 4.07kg, BBK is 2de met 2.75kg en WB is 3de met 2.39kg. Die pryswenners vir die dag was: King of the Bay Wisseltrofee - Overberg Boothengelklub; 2 x Walvisbesigtigingsritte vir 2 persone (Dyer Island Cruises van Wilfred Chivell) - Johan Burmeister vir die swaarste vis en die swaarste sak. Cari du Preez, Verkope- en Bemarkingsbeampte van Dyer Island Cruises het die oorhandiging waargeneem. Johan het grootmoedig opgetree en een van sy 2 walvisbesigtingingspryse as ‘n lootjietrekking beskikbaar gestel. Die gelukkige wenner daarvan was Shereen van der Merwe van Gansbaai.

Die BBK se bestuur het die jaarlikse “King of the Bay” Boothengel-kompetisie in 2014 ingestel. “Die gedagte was om ‘n prestige wisseltrofee te ontwerp en dat bogenoemde bootklubs jaarliks om die trofee moet wedywer,” het Philip gesê. “Behalwe vir kompetisie-opwinding, is die hoofdoel dat die klubs se hengellede mekaar beter sal leer ken om ‘n heerlike hengeldag te ervaar.”

Philip en Lorraine Fourie van Gannet Financial Services Cc het die pragtige trofee, wat ‘n Malgas (Gannet) vertoon, ontwerp en geborg. Die BBK se bestuur bedank die hoofborg, Dyer Island Cruises van Wilfred Chivell vir die 2 walvisbesigtigingsritte vir 2 persone elk. Twee ander groot borge aan wie opregte bedankings gerig word, is Gannet Financial Services Cc (Philip en Lorraine Fourie) en Scorpio Carriers (Leon Engelke). Hulle bedank ook vir Fanie en Salomie Barnard van Fish Lady vir die uitstekede vis teen ‘n baie billike prys, Kobus du Toit wat as Inweegbeampte opgetree het en Norman Kemm wat as lid van die Veiligheidskomitee teenwoordig was.

Die suksesvolle naweek is met ‘n gesellige funksie in die Birkenhead Boothengelklub se saal afgesluit, met Jan Lourens wat agter die Musiekfabriek ingeskuif het en vir lekker voete-jeuk dansmusiek gesorg het.

Hardus Botha

King of the Bay

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles