Ou Hardebaarde

Ou Hardebaarde

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die manne wat see toe wil gaan en nie heeltemal op hoogte is van hoe dinge werk nie moet ligloop. Somtyds lyk die water heeltemal kalm maar daar is ‘n breër prentjie om in gedagte te hou. Hou die see op die horison in berekening, die weerberig is belangrik, veral die wind later die dag en indien daar nie ander bote uit is nie  --  baie versigtig wees, asb! Dis juis die weer wat veroorsaak dat meeste bote nie see toe is nie en ook die vangste maar swak is. Maar gee kans, na die weer is daar pêrre!! Die amperbootjies kan maar gereed gemaak word.

Soos belowe word iets oor die Hardebaarde wat baie jare terug geplaas is weer herhaal. Dié keer kom Freek Sauls aan die beurt.

Bekyk vir Freek Sauls en jy weet sommer, dié man is al gesout in die see, en praat jy met hom, weet jy hier’s ‘n Hardebaard. Freek het hom in 1963 in Gansbaai gevestig. Hy het eers op die dekskuite gewerk en was ook op Sneeugans toe dié gesink het. Gelukkig kon almal gered word. Ongeveer agt jaar terug (die artikel oor hom was geplaas in 2005 -- Seemeeu) het hy sy eie boot, Pietman, aangeskaf waarvan hy nog heeltyd skipper is.

Gevra watter gebeurtenis vir hom uitstaan, het hy sonder huiwering vertel van die verdrinkte Japannees wat hy uit die see opgepik het. Meeste van ons sal seker hierdie voorval onthou. Freek sê dat hy steeds dankbaar is dat hy kon deel in die baie goeie geelbekvangste van so ‘n jaar of wat terug. Met Pietman het hy en sy “crew” sy kant gebring! Hy glo daaraan om see toe te gaan om die grotes te gaan opsoek, maar moet ook maar tevrede wees met bankvis wanneer dinge nie goed gaan nie. Freek is ‘n baie vriendelike man en toe ek hom vra of hy regkom met sy bemanning op Pietman was hy baie beslis  --  “ek kom baie goed oor die weg met my mense en tot sover was dit nie vir my juis nodig om werklik streng op te tree nie, maar ek moes al kwaai wees en ook tande wys, hoor!” Hy reken ook dat dit nogal waar is dat daar altyd een persoon op die boot is wat beter as die res vaar, en doen wat jy wil, jy kan net nie by hom hou nie. Geluk het sekerlik iets hiermee te make, maar, sê hy, hy dink tog daar is ‘n paar faktore wat die veld meer gelyk kan maak  --  gooi maar varkoog, dié ouens het êrens iets beet! Dit is ook so dat sommige ouens meer effektief in vlakker water vang of dan voorkeur aan ‘n sekere soort vissoort gee. Die een man byv. sal meer snoek vang, terwyl die ander ou weer ‘n doring is as dit by geelbek kom. Wat van silwervis in baie diep water? Dis die manne met baie ondervinding wat hier suksesvol is.

Geelstert vang? Dié moet op die dryf gedoen word  --  die “trawlery” is te veel van ‘n neukery. Indien jy geelstert op die anker kan vang is dit verkieslik, maar hierdie metode werk selde, sê hy. Met die onlangse goeie snoekvangste het hy baie goed gevaar, dankie. Gevra of hy daaraan glo om ‘n vis wat teruggegooi moet word, se blaas te steek, sê hy dat hy dit wel al probeer het maar hy het sy bedenkinge of dit werklik help. Hy het, soos meeste ander vissermanne, groot probleme met die huidige grootte van silwervis en dink nie dis die moeite werd en of dit betalend is om so ver die see in te vaar daarvoor nie. Freek dit was lekker om daardie jare met jou te gesels en dis nog steeds aangenaam!

Groete, Seemeeu

Ou Hardebaarde

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles