Gholfnuus (8 Oct 2015)

Donderdag 01 Oktober - Sloegters:

1) G Hunt 35
2) J Nell 34
3) D de Kock 34
4) L Smith 30

Naaste aan die penne word deur G Hunt, J Pieterse en L Smith gewen.

Vrydag 02 Oktober - Hoender:

L Hattingh het die OK-prys gewen met 22 punte (Dankie aan OK vir julle ondersteuning!) gevolg deur D vd Merwe en F vd Merwe beide op 19.

Na die kompetisie is daar heerlik gekuier en gesmul aan Hubert se steaks - Dankie Prime Cuts Meats.

Saterdag 03 Oktober – American Scramble:

Dit was die jaarlikse OK Foods - Herberg-Aan-See Gholfdag.

Baie dankie aan John en sy span vir 'n fantastiese dag.

Die kos was heerlik en die pryse ongelooflik!

1) F vd Merwe en J Beukes 62
2) J Coetzee en L Lombaard 63
3) P Loubser en A Roos 64
4) R Jerrard en J Thompson 65

Naaste aan die pen word deur A Roos, D de Kock en F vd Merwe gewen. 

Alle lede word versoek om te verseker dat ons julle regte e-posadresse het asseblief. Stuur net 'n e-pos klub toe.

All members are requested to ensure that we have your correct e-mail address. Please send us an e-mail.

Opkomende kompetisies:

10 Oktober Thornburn Security
17 Oktober Houe spel
24 Oktober Old Buck Gin Classic

Groete, André Roos 

GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
Tel: 028 384 1441
                              Fax: 028 384 1225
E-mail:
gbgholf@gmail.com

Die twee gelukkige wenners van Club Mykonos Langebaan se 2 x 6 slaapplek-kamers elk vir ‘n volle week tydens die suksesvolle Badisa / OK Foods HaS-Gholfdag, was Francois van der Merwe (links) en Jakkie Beukes (3de van links). Saam met hulle is Anita van Dyk en John van Rooyen van Herberg-aan-See. Gansbaai OK Foods (Chris en Petra van Rensburg) was die hoofborg vir die dag. John, wat die gholfdag gereël het, het op die dag van die kompetisie tyding van sy moeder se afsterwe in Ladysmith, KwaZulu-Natal ontvang. Sodra John volgende week terug is, sal ‘n volledige berig, ingesluit die borge-bedankings, saam met foto’s in Gansbaai Courant geplaas word.