Proudly Tannie Roza!

Proudly Tannie Roza!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Ma, vrou, werkgewer en vriend is net ‘n paar voorbeelde om vir Roza Rabe te beskryf. In die laaste 7 maande was sy ‘n inspirasie vir die 2015 Melodrama groep. Soos almal weet is haar man, Raymond, in die hospitaal vir ‘n seldsame siekte en veg sy weer eens teen kanker. Alhoewel sy haar tyd tussen die hospitaal, werk en chemo moes verdeel het sy elke Maandagaand opgedaag vir oefening, met ‘n glimlag op haar gesig en ‘n behulpsame woordjie vir die spelers. Op Saterdag 10 Oktober 2015, die Melodrama se Gala aand, was Roza Rabe een van ons eregaste en agter die skerms het dit woes gegaan met hare wat waai ten bate van kanker. Die spelers het almal saamgestaan en die sowat 30+ wat wou, het hulle hare afgeskeer. Met ‘n groot gejuig het die mans met niks hare en wit kopvelle die verhoog trotseer. Daar was selfs ‘n paar dames wat stukkies hare verloor het. Met hierdie gebaar bevestig ons dat ons bankvas agter jou staan, Tannie Roza, en elke tree van hierdie pad saam met jou gaan stap.

Roza Rabe het versoek dat die volgende geplaas moet word (Red.): “Ek wil graag die groep jongmense gelukwens met Melodrama 2015. Ek geniet julle en julle is almal pragtige mense. Julle is vir my ‘n inspirasie en nie ek vir julle nie. Ek koester ook groot respek teenoor julle met verwysing na die pragtige liefdestake wat julle met die Melodrama Kinder Trust se fondse verrig.”

Gansbaai Melodrama groep 2015

Proudly Tannie Roza!

Gansbaai Melodrama

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles