Melodrama 2015 TOPS

Melodrama 2015 TOPS

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Melodrama Kinder Trust se aanbieding van Melodrama 2015, onder leiding van JP Coetzer as voorsitter, kan weer eens hoog aangeskryf word. Die sowat 40+ spelers het gewys dat hulle maandelange inoefening sedert April vanjaar alles die moeite werd was. Die 24 liedere wat deur hulle aangebied is, is met groot applous deur die gehoor ontvang.

Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Uitvoerende Burgemeester van die Overstrandse Munisipaliteit, het die volgende e-pos aan JP gestuur: Beste JP. Baie dankie vir die geleentheid om weer eens 'n heerlike aand in die geselskap van Gansbaai Melodrama deur te bring. Dra asseblief ook my gelukwense oor aan elkeen wat 'n bydrae gelewer het tot die goeie program, sowel as die hoë gehalte van die produksie. Gansbaai het beslis talent en ek is trots daarop dat dit ook op hierdie wyse aangewend word. Dankie en baie geluk. Groete!

Wilna Snyman, welbekende aktrise, het die Gala-aand saam met Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie bygewoon. Sy het die volgende sms aan JP gestuur: “My liewe JP en geselskap. Na gisteraand se magiese ervaring in Gansbaai moet niemand ooit weer vir my probeer oortuig dat MAGIC ‘dood’ is nie! Want ek weet verseker dat dit springlewendig is en êrens in die mistieke ruimtes van Gansbaai skuil om ons so af en toe te besoek en ons lewens aan te raak en ons op reis te neem na ‘n Sprokiesland. Het met Nicolette gepraat en sy stem saam dat julle groter blootstelling verdien. So kom ons kry die bal aan die rol en kyk of julle dit nie dalk na Hermanus kan bring nie!? Wie weet? Ons kan ten minste probeer, dis die moeite werd, of hoe? Innige liefde en waardering vir ‘n pragtige eksotiese, stylvolle en asemrowende aand se vermaak. Liefde wense, Wilna Snyman.” Veel meer kan daar nie oor ‘n puik en professionele aanbieding gesê word nie. Pragtige ruikers is aan Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Wilna Snyman en Roza Rabe oorhandig. Die vele borge wat betrokke was, se name het in Melodrama 2015 se eie koerantjie verskyn, maar volledige bedankings sal later gepubliseer word.

Melodrama Kinder Trust is 'n nie-winsgewende organisasie wat deur lede van die publiek bestuur word. Fondse word gegenereer deur donasies uit die gemeenskap. Talle lede uit die publiek neem deel aan hierdie produksie en sit baie tyd en oefening in om hierdie ongelooflike produksie elke jaar moontlik te maak. Die fondse word gebruik om minder bevoorregte kinders met klere, kos en veel meer te help. Enige donasie, maak nie saak hoeveel nie, sal opreg waardeer word en aangewend word om 'n minder bevoorregte kind te help.

Donasies kan inbetaal word by: Gansbaai Melodrama Kinder Trust; Nedbank; Takkode 147005; Tjekrekening 1345054238. Vir enige navrae rakende die Trust kan JP Coetzer by 083-274-9674 gekontak word, of skakel vir Heidi Visser by 082-415-5517.

Hardus Botha

Melodrama 2015 TOPS

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles