Balletjies vlieg vir HaS

Balletjies vlieg vir HaS

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die gholfballetjies het behoorlik gevlieg tydens Herberg-aan-See (HaS) se suksesvolle Badisa / OK Foods HaS-Gholfdag. Hierdie “2 Ball American Scramble” op 3 Oktober vanjaar was die tweede kompetisie van hierdie aard ten bate van HaS wat deur John van Rooyen, Bestuurder: HaS geïnisieer is. Tussen homself en Anita van Dyk, asook vele andere is daar hard gewerk - met groot suksesse as beloning.

“Te danke aan ons Hoofborg, Gansbaai OK Foods, kon dit nie anders as om ‘n suksesvolle dag te wees nie,” sê John. “Hulle het uit hul pad gegaan met vele reëlings en pryse.”

Die ontbyt en middagete is deur Gansbaai OK Foods geborg, asook 20 x geskenkpakke/hampers plus 2 x halwe skape, asook die 9de putjie wat deur hulle geborg is. Ander pryse wat nie te versmaai was nie, was 2 x wenpryse by Club Mykonos Langebaan; Dyer Island Cruises (Walviskyk Safarie vir 2 persone); White Shark Tours (Haaihok-duik vir 2 persone); Strandskloof Karavaanpark (gratis naweek); 1 x geslagte rooibok; 1x geslagte springbok; Guano Organics Kunsmis-mengsel. Nog borge was Dr Frans en Nicolene Richards, AVBOB, Kleinbaai Superette, Drankwinkel en Motorhawe, HaS Beheerraad, Drs Marina Barnard en Russel Reuvers, Dr Christo Barnard, Lighthouse Tavern en Jo Signs.

“Baie dankie ook aan die Bestuur van Gansbaai Gholfklub vir hulle puik reëlings en die borg van die baanfooie, asook aan Bev Swart vir die hantering van die veiling en Annatjie Germishuys en haar Goue Hande helpers met ontbyt en middagete,” sê John. Hy en Anita sê hulle kan nie genoeg dankie sê vir al die borge en ondersteuning nie. “Ek glo dat hierdie dag in die toekoms met almal se ondersteuning en betrokkenheid net kan groei,” sê John.

 Hardus Botha

Balletjies vlieg vir HaS

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles