Dis kabeljoutyd!

Dis kabeljoutyd!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Indien jy ‘n kans gewaag het en ‘n paar dae op see was sou jy kon spog met ‘n paar vis. Meerendeel was dit silwervis en mooies, op die koop toe. Die romanne en PW”s was ook taamlik volop terwyl hotties ook te kry was, maar oor die algemeen van middelmatige grootte was.

Van al hierdie visse het daar kort-kort ‘n bulletjie te voorskyn gekom, en dis mos waaroor hengel gaan! Die weer bly steeds onvoorspelbaar en dit beinvloed nie net of jy dit op see kan waag nie maar ook watter vis om te teiken. Gelukkig is daar ‘n groot variasie en oor die algemeen kan nie gekla word oor wat gevang word nie. Maar onthou, die vis byt nie op droë grond nie.

Dis altyd noodsaaklik om daarop te wys dat veral wanneer die vis aan die byt gaan en die wil om see toe te gaan oorweldigend is, veiligheid in gedagte gehou moet word Veral as jy nie ‘n gesoute seemens is nie en dit lyk asof toestande ongunstig raak, keer liewer terug na die sementpad (hawe).  Wat die stokmanne betref, daar word wel reeds kabeljou gevang, maar daar moet opgelet word vir die regte kleur water.

By Rooikransies was daar paar dae terug mooi vaalwater en is ‘n paar vis gevang. Die begin van die kabeljouseisoen kan jy maar sê is met ons en veral die amperbootjies sal nou tot hul reg kom. Ek weet van ‘n paar ouens wat al lekker aan die gebakte kabeljou gesmul het! Wat die weer aanbetref sal die manne wat hul oog hou op die vang van byv. geelbek, hoop vir suidweswinde terwyl die kabeljoukêrels die suidooswinde sal verwelkom. Ek het meer hoop vir laasgenoemde want dit is tyd daarvoor. Die kabeljou gaan in elk geval nou vlak water toe.

Maar moenie ‘n fout maak nie. Hierdie kwessie is baie onvoorspelbaar en ek sal beslis ook op die uitkyk wees vir vis anders as kabeljou en geelbek. Hou maar jou oog op die weer en tree daarvolgens op. So tussenin word daar ook mooi galjoen gevang, maar hou die almanak dop, die afsnydatum is die 15e van hierdie maand.

Groete, Seemeeu

Dis kabeljoutyd!

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles