Omgekrapte see - Goeie vangstes

Omgekrapte see - Goeie vangstes

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die see was die naweek van 3 Oktober 2015 erg omgekrap, maar die Birkenheaders het nie té sleg gevaar nie.  

Die Birkenhead Boothengelklub het die jaarlikse King of the Bay Kompetisie aangebied (Gansbaai Courant, Donderdag, 8 Oktober 2015), maar die kompetisie was terselfdertyd deel van die klub se interne maandelikse boothengelkompetisies.

Net 4 bote het ingeskryf en 3 het ingeweeg, met ‘n totale bemanning van 13 wat deelgeneem het, waarby 2 dames ingesluit was. 5 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 33 met 'n totale massa van 28.65kg, wat ‘n gemiddeld van 2.20kg per hengelaar beteken. Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, Johan Burmeister (Rooi Stomp - 2.35kg); 2de swaarste vis, Henri Punt (Rooi Roman - 2.05kg); swaarste sak (9.20kg), Johan Burmeister; 2de swaarste sak (5.15kg), Henri Punt; swaarste boot-gemiddeld (7.05kg), Nu Nu van Johan Burmeister; 2de swaarste bootgemiddeld, Relêks 2 van Jean Downing; Dame Swaarste sak (1.95kg), Dixie Walsh.

Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister (54.93kg), Relêks 2 van Jean Downing (36.98kg); Oupa van Ben Uys (32.72kg), Mans Visvang-kampioene - Johan Bur-meister (58.20kg), Philip Fourie (54.05kg), Jean Downing (41.80kg); Dame Visvangkampioen - Dixie Walsh (19.75kg); Junior Visvangkampioene - JP Uys (33.45kg), Hennie Groenewald (24.85kg). Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 7 November 2015 geskeduleer, met ‘n gesellige aandfunksie die aand. Kennis kan nou reeds geneem word van die Birkenhead Boothengelklub se Algemene Jaarvergadering wat op Vrydag, 13 November sal plaasvind, met die Jaareindprysuit-delingsfunksie op Saterdag, 14 November.

Klubnavrae en funksie-besprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisie-navrae Johan Burmeister by 082-895-7647 gekontak word.

Hardus Botha

Omgekrapte see - Goeie vangstes

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles