Kwaailappies

Kwaailappies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Indien jy op laerskoolvlak al deeglik met die see kennis gemaak het en op 74-jarige ouderdom (middel 2015) steeds die plesier ondervind om te hengel, is dit nie werklik moeilik om insidente op te roep wat uitstaan nie,” skryf Albert Potgieter in sy nuwe boek, Kwaailappies: Werk só saam - op en langs die see.

Albert, bekende boothengelaar op sy boot, Kwaailappies, se boek is deur Naledi Uitgewers van Johan Coetzee uitgegee en deur J Taylor Pre-Print Solutions gedruk.

In die boek beskryf Albert die boot se naam, Kwaailappies (‘n 4.7m skiboot met twee 40 perdekrag motors) waarmee hy vir etlike jare al see toe gaan, as die Kaapse weergawe van “sommer ghoef”.

Die hooftema van die boek dui feitlik deurgaans op raadgewing, gesonde advies en vele moets en moenies vir skippers en bemanningslede, asook enkele ware verhale van benoude oomblikke ter see.  

Onder andere word aspekte soos respek vir die ankerman, die korrekte “tackle”, veiligheidsmaatreëls, nuttige wenke en veel meer volledig bespreek.

Albert verwys ook na korrekte prosedures tydens nagtelike vangstes, basiese kennis van noodhulp, die vang van ‘n haai en die dinge van ‘n stok. Die boek kan beslis vir boothengelaars aanbeveel word.

Op die agterblad verskyn ook enkele kommentare oor die boek deur bekende en gesoute boothengelaars.

Vir die wat nie weet nie, dit is Albert se tweede boek wat hy geskryf het.

Sy eerste boek, Victory! A philiosophy of Self-Defence, to make YOU the winner - every day, was ook op persoonlike ervaring oor vele jare geskryf, aangesien hy tot by 2de Dan in selfverdediging gevorder het. Hy het ook destyds sy eie gym daarvoor geopen wat vandag nog bedryf word. Dus is hy ‘n hengelaar met ‘n mens nie moeilikheid moet soek nie!

Albert se boek, Kwaailappies, sal op Dinsdag, 27 Oktober 2015 om 18:30 vir 19:00 in Gansbaai Book Exchange van Nicolette Bosch bekendgestel word en sal ook daar teen R55.00 per eksemplaar beskikbaar wees.

Navrae kan aan Albert Potgieter by 028-384-1136 of 072-748-4687 gerig word. 

Hardus Botha

Kwaailappies

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles