Fanie en Melindi sing tbv HaS

Fanie en Melindi sing tbv HaS

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Fanie Velskoen en Melindi Charle, deesdae ‘n huwelikspaartjie, tree op Saterdag, 7 November 2015 om 19:00 ten bate van Herberg-aan-See in die Pretoriussaal op.

Dit is twee talentvolle kunstenaars wat hulself lankal reeds bewys het. Hulle is altwee solo-kunstenaars, maar nou ook man en vrou vanaf April 2015 as ‘n duet paar en ouers van ’n 9-jarige dogter, Schani Pixie, 6 honde en 17 katte. Wanneer hulle optree, doen hulle meesal elk ‘n solo, met die hoogtepunt ‘n gesamentlike duette. Melindi het ‘n unieke stem wat die vokale laat werk soos ‘n instrument en haar repertoire is vanaf “pop rock” tot balades tot ligte klassiek. Vellies doen van “swing” tot by populêre “oldies” tot “modern country”, alles saam met sy ghitaar. Melindi het reeds 5 albums vrygestel en Vellies 4. Hul nuutstes is Melindi se “Wille Vicky” se woorde en Vellies se “Net een gister”.

Hulle duet album, “Bella Donna” is onlangs vrygestel - ‘n album in Afrikaans en Engels met ‘n lewendige “country” tema waarop Melindi haar  produksietalent laat “bokspring”. Deesdae sluit Schani Pixie ook by haar ouers op die verhoog aan en sy is besig om in ‘n formidabele jong sangeres te ontwikkel. Melindi se groot passie vir musiek is haar liefdadigheidsorganisasie, “The Butterfly Beauty Project” wat fokus op al die “eina”-mense en diere daar buite. Op “You tube” is daar verskeie musiekvideos te sien, waarvan “Fly”, “Schani Pixie se Butterfly”, “You are my rain”, “Lepeltjie lê”, “Net een gister” en “Bella Donna”. Melindi se “Bolla” speel nou nog op Kyknet en die twee se musiek speel op radiostasies landwyd. Onthou die datum vir ‘n genoeglike aandjie ten bate van HaS: Saterdag, 7 November om 19:00 in die Pretoriussaal. Kaartjies kos R50/persoon en kinders o/12 is gratis.

Navrae aan Hester by 082-439-6256, of Herberg-aan-See by 028-384-0501, of stuur ‘n e-pos aan Hester by venterh55@gmail.com

Hardus Botha

Fanie en Melindi sing tbv HaS

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles