Vroue met 'n Visie

Vroue met 'n Visie

Gansbaai Courant

Dit is die tema van VLV Kaapland vir 2014/2015 en ek was genooi om vir tien minute iets daaroor te sê wat sou aansluit by die Opvoeding en Kultuur Portefeulje. Eerstens, het ek die Wrede Griep onder lede gehad. Tweedens, is dit nie in my vermoë om vir net tien minute te praat nie. Geen onderwerp op aarde is so onbeduidend dat ‘n mens so kort daaroor kan praat nie.

Tydens my tweede stelling: “Het julle geweet dat die SAVLU eintlik deur mans gestig was?” hoor ek n gebrom uit die gehoor. Met ‘n kop wat alreeds voel soos die van die man in die Sinutab advertensie en ‘n tienminute-swaard oor my kop, was dit vir my net te veel. Vroue met Visie?  Opvoeding?  Wat maak ek hier? Die papiertjies in my hand begin bewe, toe my arms en toe my hele lyf tot by my tone. Ek kan voel hoe my bloed wegraak, want van pure ontsteltenis is dit ver verby kookpunt. Sal ek ‘n stoel vra om te sit? Sal ek flou val en klaarkry? Iemand hier sal tog sekerlik nog ‘n botteltjie oliekolonie in ‘n handsak hê. Instede daarvan blaai ek deur die papiertjies, sommer so twee-twee, praat twee stories in een terwyl dit voel asof ek op ‘n weghol skudmasjien staan. “Is jy klaar...regtig” vra Rienie langs my toe ek drie minute later afsluit.  Sy kan dit net so min glo as wat ek dit self kan glo. Van my goed nagevorsde, opbouende, positiewe toesprakie het net mooi dadels gekom.  Die VLV se storie is egter so inspirerend dat ek dit wil herhaal.

Die Vroue-Landbouvereniging van die Kaapprovinsie is op 15 Oktober 1929 onder leding van Mev Jossie Ackerman op Franschhoek gestig. Sy het die kern vir die bestaansrede as volg gbeklemtoon: “Ons moet voortdurend daarteen stry dat die gedagte by ons posvat dat my persoonlike deel net so goed en beter deur ’n ander lid behartig kan word.”  Dit was die begin van die Depressie en boervroue het ‘n onskatbare bydrae gemaak tot die ekonomie van hul eie huishoudelike begrotings, sowel as die van ander.  Hulle het innoverend gedink en gedoen. Die Voorsitter van die Suid Afrikaanse Landbou-Unie, Majoor Hunt, het op hul nasionale kongres op 17 Junie 1931 hulde gebring aan al hierdie boervroue. Al vier die provinsies het toe  reeds Vroue-Landbou verenigings of –unies gehad wat by hierdie geleentheid teenwoordig was.  Dit was op aandrang van Majoor Hunt en die manne van daardie kongres in Bloemfontein dat die SAVLU in Oktober 1931 gestig was. Die oogmerk is tot vandag toe nog dat opvoedingsgeleenthede aan die lede gebied word sodat hulle doeltreffend kan deelneem aan die landelike en algemene gemeenskapslewe en die ontwikkeling daarvan. Die vrou met visie knyp nie haar oë  toe teen die werklikhede van die dag nie. Sy besef dat ons in ‘n nuwe depressie is vandag, maar sy deins nie terug nie, want sy het  die kennis van Voortrekker- en Depressievroue voor haar. Sy besef die Suid-Afrikaanse landskap is besig om te verander in ‘n Afrika landskap. Sy maak haarself daarmee vertroud en het die insig om haar kinders en kleinkinders te leer hoe om op ‘n eenvoudiger manier te leef en te oorleef. Die vrou met visie sien hoe mense al hoe meer  die belangrikste eienskappe van selfrespek en slefvertroue verloor, ook in haar eie huis, en sy help hulle om hul menswaardigheid te behou. Sy is ‘n vrou met integriteit, altyd eerlik en opreg al sien of hoor niemand haar nie. Die vrou met visie besef dat sy nooit kan ophou om te leer nie en haar kinders en kleinkinders is van haar beste leermeesters. Maar sy gebruik haar lewenskennis, haar morele, sedelike, sosiale en geestelike waardes om hulle te leer dat moderne tendense en gebruike selde of ooit ewigheidswaarde het. Sy weet wie en wat die vyand is en sy voer die oorlog aan met die volle wapenrusting van God. Die vrou met visie gee eerder van haarself as van haar goed.Sy is nie ‘n slagoffer nie, maar ‘n vegter vir wat goed en rein en edel is. En sy oorwin, want haar visie is vertikaal gerig en nie horisontaal nie.  

 Carine Badenhorst

Vroue met 'n Visie

Carine Badenhorst

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles