HaS se oudste 96

HaS se oudste 96

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Tannie Winnie Steenkamp is Herberg-aan-See (sedert 2010) se oudste inwoner en het op 12 Oktober vanjaar die lewensmylpaal van 96 jaar bereik. Op 8 Oktober het die Laslappiesklub, onder leiding van Marina Joubert en Ria van der Merwe, vir ‘n uithaler funksie gesorg, met geskenke en eetgoed in oorvloed. Annelie Botha het 2 geestelike liedere spesiaal vir Winnie gesing, met haar seun, AW Steenkamp wat ‘n geestelike praatjie gelewer het.

“Sy het haar hart reeds op ‘n baie jong ouderdom aan haar Verlosser oorgegee en gebruik haar Bybel as enigste lewensriglyn,” sê haar seun, AW (dr) Steenkamp. “Sy besoek ook gereeld siekes in HaS, is getrou met Bybelstudies en leef haar steeds uit met haar geliefde stokperdjie, naaldwerk. Op geestelike gebied is my moeder ‘n ware voorbeeld en ‘n inspirasie vir vele.”

Die feesvieringe is op Sondag, 11 Oktober opgevolg met ‘n uithaler boerekos-ete by Groeneweide Kwekery, met etlike naby-familie wat dit bygewoon het, met ‘n susterskind, Janet Fisher wat van Duitsland af kom kuier het. Wilhelmina Hendrina Sadie Bester is op 12 Oktober 1919 op die plaas Karmenaatjieskraal in die Hopefield-distrik gebore. Sy het in Koperfontein, naby Hopefield grootgeword en in 1930 saam met haar ouers in Hopefield gaan woon. Sy was die oudste dogter van ‘n gesin van 7 kinders, waarvan 3 reeds oorlede is.

Vanaf 1940 tot 1947 was sy in ‘n verplegingsberoep en daarna meerendeels huisvrou. In 1947 tree sy met wyle Gideon Steenkamp, wat 35 jaar vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë gewerk het, in die huwelik en 3 kinders is uit die huwelik gebore. As gevolg van wyle Gideon se werk, het die gesin in heelparty dorpe gewoon, met sy laaste standplaas as Bonnievale in 1971, waar hy ook afgetree het. Vanaf 1992 tot 2009 het hulle in Worcester gewoon, waarna Gansbaai aan die beurt gekom het. As Weskus-kind is sy baie lief vir die see en eet graag vis, maar sy was ook oor vele jare heen betrokke by die Sendingbond en koorsang.

Tannie Winnie geniet steeds goeie gesondheid en beleef haar “oudag” met ‘n helder verstand, terwyl sy ook graag humoristiese stories uit die verlede vertel. 

Hardus Botha

HaS se oudste 96

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles