Misty Mountains se Wyne

Misty Mountains se Wyne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Na my mening word wyne in Suid-Afrika te vinnig gebotteleer,” het Robert Davis van Misty Mountains Winery tydens Gansbaai Wynproegilde se wynproe-aand gesê. “Omdat dit my siening is, kan ek nie goedkoop wyn maak nie.” Robert, vergesel deur sy eggenote, Michelle, was die aanbieder in The Bouthouse restaurant in Gansbaai hawe. Nadat enkele formaliteite afgehandel is, het voorsitter Theuns Roodman die aanbieder bekendgestel.

Hierdie knap wynmaker het aan die Universiteit van Pretoria gradueer, en werk daarna vir sowat 14 jaar in die Departement Buitelandse Sake in stede soos Hong Kong, London en Madris in Spanje. Daarna is bestuur hy sy eie besigheid in Kaapstad, maar verkoop dit in 2004, waarna hy die wynplaas, Misty Mountains namens die eienaar as Algemene Bestuurder bestuur. Die puik wyne wat te proe aangebied is, is Sauvignon Blanc 2015, Rosé 2015, Shiraz 2009, Siraz 2010 en Sauvignon Blanc Anamae 2015.

Die Wynproegilde se lede, asook gaste, was baie beïndruk met die wyne wat hulle met sterk silwers tot goud beoordeel het. Robert het sy siening rakende wyn wat langer as die normale in vate behoort te bly om hoë gehalte wyn te kan produseer, breedvoerig verduidelik. Vele reisigers op pad na Hermanus het seker al gewonder wat by Misty Mountains aan die gang is. Gaan loer gerus in - dit sal die moeite werd wees. Irma van The Boathouse in Gansbaai hawe het gesorg vir ‘n uitstekende en gepaste ete met ‘n goeie verskeidenheid.

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Misty Mountains se Wyne

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles