Bedrywige 80-jarige Olga

Bedrywige 80-jarige Olga

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Olga Swanepoel, bekende in Kwilt- en Skilderkunskringe in Gansbaai, het op Saterdag, 17 Oktober haar 80ste verjaardag (die volgende dag) in o.m.G.e.e. Bediening se saal gevier.

Linda Kloppers was vir die funksie verantwoordelik en sowat 40 vriendinne van Olga kon gesellig saamkuier. Kyk mens na hierdie lewenslustige en “perdfris” gesonde 80-jarige se lewensgeskiedenis, is daar twee uitstaande woorde: “formidabel” en “bedrywig”. Olga is op 18 Oktober 1935 in Magaliesburg, tussen Pretoria en Johannesburg gebore. Haar pa, Erich Kuschke, was daar die eerste skoolhoof van Bekker Landbou Hoërskool, waar sy ook haar eerste skooljaar deurloop het. Olga matrikuleer in 1952 aan Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria. Sy verwerf haar Onderwysdiploma in 1996 aan die Onderwys Kollege in Pretoria en in 1996 lê sy haar onderwys-tuig neer. Olga het 5 dogters, Reinette (56), Ronél (54), Erica (52), Benita (50) en Elsabé (40) - “ en dit is waarmee ek myself hoofsaaklik besig gehou het - kinders grootmaak,” vertel sy van haarself, terwyl sy aanvanklik oor veel meer aktiwiteite swyg.

Olga is die trotse ouma van 13 kleinkinders en 4 agterkleinkinders. Naas onderwyser en kinders grootmaak, is enkele ander aktiwiteite behoorlik uit hierdie beskeie dame “uitgetrek”, soos onder andere: Afrigter van hokkie, tennis en swemspanne; ‘n UNISA kursus in Remediërende Onderwys, met naskoolse hulp aan leerders. (Dis net om ‘n paar aspekte te noem) Op 70- en 71-jarige ouderdom neem die sportgeesdriftige Olga aan die Midmar Myl Swem deel en maak elke jaar betyds klaar om ‘n medalje in te palm. Na haar aftrede begin sy in 2000 om te skilder en in 2008 stig sy haar bekende Kwaskenades, met vele kunsstudente wat sy al opgelei het.

Intussen het sy in 2004 met haar bekende kwilt-aktiwiteite begin. “Van skilderkuns en kwiltwerk gepraat, kan gerus kennis geneem word van die uitstekende kwiltuitstalling in die Hermanus NG Kerk eerskomende naweek (23-25 Oktober), asook ons Ubuntu kunsuitstalling in Gansbaai Toerisme se saal vanaf 14 tot 19 Desember 2015, wat besonders gaan wees,” vertel ‘n opgewonde Olga. Sy sê Ubuntu is ‘n Zoeloe-woord wat “meelewing, respek, broederliefde, deernis en empatie beteken en al die skilderye in Desember se uitstalling sal Ubuntu as tema voorstel. “Wat maak vir Gansbaai lekker? - sy mense! En as ons almal ‘Ubuntu’ nastreef, sal dit ‘n nog meer wonderlike plek wees om in te woon en werk,” het Olga gesê. Sy vertel ook van ‘n onlangse en merkwaardige belewenis.

Die Bekker Landbou Hoërskool waarna hierbo verwys is, het ook vanjaar gedurende September hul 80ste gedenkjaar gevier - saam met haar eie 80ste jaar. Drie van die 4 gesinslede (een is oorlede) is na soveel jare opgespoor en hulle het nie twee keer gedink om daarheen te vlieg nie. Voor haar vertrek daarheen het sy spesiaal ‘n pragtige kwilt-muurbehansel van die skoolwapen as ‘n verjaardaggeskenk aan die skool gemaak, wat sy aan die skoolhoof oorhandig het.

Merkwaardig - haar eie 80ste verjaardagviering saam met haar eerste skool se 80ste feesvieringe! Intussen gaan Olga rustig voort met haar kwilt- en skilderkuns aktiwiteite, waar se selfversorgend in haar woning met ‘n pragtige en netjiese tuin woon.

Hardus Botha

Bedrywige 80-jarige Olga

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles