EER JOU VADER EN JOU MOEDER!

EER JOU VADER EN JOU MOEDER!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Eer jou vader en jou moeder, sodat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou GOD aan jou gee.” (Eks. 20:12) 

Die studentebetogings op verskeie kampusse die afgelope tyd het my weereens laat wonder oor  die probleem van gesag en respek. Hierdie saak raak elkeen van ons ten nouste aangesien ons almal kinders en kleinkinders het wat moet leef en grootword in die huidige tyd waar dit lyk asof kinders baie min respek en ontsag oor het vir ouers en owerhede.

Ons kan die probleem en sy oorsaak by verskeie plekke gaan soek, maar vir ons wat in die Almagtige GOD en Hemelse Vader glo, is daar altyd die één plek om te begin en om daar te eindig: Die Woord van GOD. Wat sê GOD vir ons in Sy Woord? Dan lees ek weer die 10 Gebooie (die Wet van GOD) en besef dat alles gaan oor respek en ontsag vir GOD, ons ouers en vir mekaar. Ons kan nie sê ons is gelowiges en weier om respek vir GOD, ouers en naastes te hê nie.

Dit is net in die 5de Gebod waar ek lees dat een van die Gebooie ’n belofte as ondersteuning het.

Lees dit saam met my in die Boodskap: “Jy moet respek hê vir jou pa en jou ma. Jy sal dan lank en gelukkig leef waar die HERE jou laat bly.Respek (eer) beteken meer as net liefhê en aanvaar. Die

woord in Hebreeus  beteken dat daar ’n swaar gewig op jou skouers gelaai word. Dit is vir GOD só belangrik dat Hy vir elke kind wil waarsku dat hulle te alle tye respek en ontsag moet hê vir hulle ouers – want as hulle dit doen – sal Hy vir hulle in die land waar hulle woon, seën met vrede, geluk en ’n lang lewe! Sjoe! Dit is ’n mond vol, nê?

Die feit is dat ons as ouers ons kinders hierdie Gebooie van GOD van kleins af moet leer. Iewers moes hulle tog gehoor en gesien het wat dit beteken om respek te hê vir ouers.  Alle opvoeding begin by die ouerhuis. Dit begin waar pa en ma mekaar met liefde en respek behandel sodat die kinders die voorbeeld kan sien. Dit begin waar pa  en ma hulle kinders dissiplineer met die regte tyd en aandag. Lees ons nog die Bybel saam met ons kinders? Praat ons nog elke dag met hulle oor GOD en Sy geliefde Seun, Jesus Christus?  “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.” (Deut. 6:6,7)

Dalk moet ons onsself afvra of die belofte van die 5de Gebod nie nou teen ons begin tel nie. Het al die onvrede en ongelukkigheid in ons land nie tog maar te doen met die feit dat ons nie meer GOD en ons ouers respekteer nie? Geld GOD se Gebod nog?

 Ds Deon Kloppers

EER JOU VADER EN JOU MOEDER!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles