Twee van Gansbaai Primêr se knap landlopers het baie goed gevaar tydens die SAS National Cross Country Championships in Oos-London gedurende die naweek van 2-4 Oktober 2015.
Hulle is German Lewis (13) wat in die ouderdomsgroep o/13 2de geëindig het en Edward Goliath (14) wat 3de in die o/15 ouderdomsgroep geëindig het. Hierdie twee knap landloopatlete het die Westelike Provinsie in Oos-London verteenwoordig. Altwee leerders is deel van die Football Foundation se atletiekprogram, wat deur Corrie Avenant afgerig word. “I would just like to thank Taurus, Melodrama Kinder Trust and Grootbos Foundation for their contribution towards the athlete's tour,” says Corrie Avenant.
“With the support of the community we can make a difference in the lives of these children and give them opportunities to grow. The Football Foundation would also like to congratulate Vasti Pietersen for representing Boland at the Western Province Championships.” Tommy Volkwyn, Skoolhoof: Gansbaai Primêr, het die volgende gesê: “Ek wil graag vir Corrie Avenant opreg bedank vir die toegewydheid waarmee hy die atlete afrig, maar ook die moeite wat hy doen met die tref van reëlings. Ondanks sy eie verpligtinge is hy altyd bereid om ‘n ekstra myl met die atlete te stap.”
Tommy bedank ook graag die breë gemeenskap van Gansbaai vir hulp en ondersteuning wat gereeld beskikbaar is, maar veral vir JP Coetzer, voorsitter van die Melodrama Kinder Trust vir hulle baie groot borgskap.
Hardus Botha