Academia se 2015 Valedictory-dag

Academia se 2015 Valedictory-dag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vrydag, 16 Oktober het Academia formeel die matriekgroep van 2015 gegroet. Die eerste vak, RTT prakties, is reeds op Maandag, 19 Oktober geskryf. Die eksamen begin dan in alle erns op die 28ste Oktober.

Vanjaar was die leerders weer getrakteer op ‘n heerlike ontbyt by Wimpy vanwaar die tradisionele “dorploop” begin het. Soos die groep in die Hoofstraat afgeloop het, het mense gewaai en gegroet. Danksy die Verkeersdepartement was daar geen ongelukke nie.

By die skool het leerders hul eksamennommers ontvang. Die hoofmeisie, Jenica Conradie en hoofseun, Verreynne van Tonder, het elk ‘n roerende toespraak gelewer waar hulle beklemtoon het hoeveel geleenthede die skool leerders bied. Tydens die geleentheid het die hoof, mnr Tommy Wilson, twee spesiale pryse oorhandig. Die eerste was vir die “Proud Sharkie” wat vanjaar gedeel word tussen Simphiwe Yana en Malcolm Mulope. Dan is daar die tong in die kies prys aan die “Deurmekaarste Sharkie.” Die trotse titel het vanjaar aan Lucky Meje gegaan. Lucky is ‘n jong man wat van graad agt af altyd gevra het: "maar hoekom....?" Die personeel gaan hom baie mis.

Met dié geleentheid wil die skool graag beklemtoon hoe belangrik die gemeenskap se betrokkenheid by die skool is. Die skool is dankbaar vir almal wat ‘n aandeel gehad het in die vorming van vanjaar se matrieks oor die afgelope vyf jaar van hul hoërskoolloopbaan.

Liezel Mostert

Academia se 2015 Valedictory-dag

Liezel Mostert & Collage Monica Hayes

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles