Kry jou amperbootjie

Kry jou amperbootjie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ek het melding daarvan gemaak dat die kabeljouseisoen aangebreek het en dat die amperbootjies ook tot hulle reg gaan kom. Hoewel daar reeds kabeljou gevang word wag die manne nog vir die kwaai suidoosters voordat daar baljaar gaan word onder die vis  --  gee net klein bietjie kans nog. Wanneer daardie bootjies voor Haaiklip gaan lê, gaan baie ander manne met verlangende oë besluit dis wat hulle ook wil doen en so gou as moontlik gaan hulle so ‘n seedingetjie aanskaf.

Ek wil graag op die volgende wys: Meeste van die manne wat daardie amperbootjies beman wéét wat hulle doen. Baie van hulle is reeds ervare manne wat die see ken. Daar moet ook daarop gelet word dat hierdie vangery ‘n katogorie op sy eie is en spesiale aandag verg. Ek sal verder verduidelik, maar kan by voorbaat sê, van die vereistes is die vernaamste, kennis, vaardigheid en baie belangrik, die veiligheidsaspek. Onthou ons praat van bootjies van so 3,25 meter (glasvesel of opblaas) en dan ‘n ligte motortjie (verkieslik) daarby. Dis baie klein  --  en ook die rede waarom hulle dáárdie visplekke kan bykom.

Hoewel jy dalk die see ken vereis hierdie omstandighede dat jy spesiaal moet oplet na faktore soos die gety, die weer en die wind. Dis onnodig om te meld dat die see baiemaal wisselvallig is en omstandighede enige tyd kan verander. Met so ‘n klein bootjie kan selfs ‘n onverwagte sterk stroom ernstige gevolge inhou. Let maar gerus op dat die “ou hande” (die manne wat hierdie storie al ken) nie net gaan na byv. Haaiklip nie, maar na ‘n spesiale gaatjie, gewoonlik  agter of voor ‘n kol bamboes wat sal verseker dat dit geskut is teen die rofste water. En boonop is baie van hierdie ouens ook skippers van baie groter bote, wat beteken hulle ken die veskillende omstandighede. ‘n Wyse ding om te doen is om eers kontak te maak en raad te kry van hulle. Hulle ís boothengelaars en soos die manne met die lang stokke ook nie te geneë om al hulle geheime te deel nie. Maar hulle sal help so ver hulle kan, en dis reeds baie werd. Ek gaan nie hier uitbrei oor die nodige regulasies aangaande die amperbootjies nie. Vind uit wat dit behels en kry jou inligting asb. by ‘n kundige. Dis die eerste vereiste, en hou daarby, asb.  

Onthou dat enigeen maar onkundig aan die begin is en ook maar moes aanpas, so waarom nie jy nie? Net om jou lus so bietjie te prikkel. Indien jy aan al die vereistes voldoen en een of ander tyd stoot jy jou amperbootjie se neus na waar jy weet die ou groot bulle skuil, laat die ander manne maar wonder oor hoe hulle die vis gaan bykom!

Groete, Seemeeu

Kry jou amperbootjie

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles