Kry jou amperbootjie

Kry jou amperbootjie

Gansbaai Courant

Ek het melding daarvan gemaak dat die kabeljouseisoen aangebreek het en dat die amperbootjies ook tot hulle reg gaan kom. Hoewel daar reeds kabeljou gevang word wag die manne nog vir die kwaai suidoosters voordat daar baljaar gaan word onder die vis  --  gee net klein bietjie kans nog. Wanneer daardie bootjies voor Haaiklip gaan lê, gaan baie ander manne met verlangende oë besluit dis wat hulle ook wil doen en so gou as moontlik gaan hulle so ‘n seedingetjie aanskaf.

Ek wil graag op die volgende wys: Meeste van die manne wat daardie amperbootjies beman wéét wat hulle doen. Baie van hulle is reeds ervare manne wat die see ken. Daar moet ook daarop gelet word dat hierdie vangery ‘n katogorie op sy eie is en spesiale aandag verg. Ek sal verder verduidelik, maar kan by voorbaat sê, van die vereistes is die vernaamste, kennis, vaardigheid en baie belangrik, die veiligheidsaspek. Onthou ons praat van bootjies van so 3,25 meter (glasvesel of opblaas) en dan ‘n ligte motortjie (verkieslik) daarby. Dis baie klein  --  en ook die rede waarom hulle dáárdie visplekke kan bykom.

Hoewel jy dalk die see ken vereis hierdie omstandighede dat jy spesiaal moet oplet na faktore soos die gety, die weer en die wind. Dis onnodig om te meld dat die see baiemaal wisselvallig is en omstandighede enige tyd kan verander. Met so ‘n klein bootjie kan selfs ‘n onverwagte sterk stroom ernstige gevolge inhou. Let maar gerus op dat die “ou hande” (die manne wat hierdie storie al ken) nie net gaan na byv. Haaiklip nie, maar na ‘n spesiale gaatjie, gewoonlik  agter of voor ‘n kol bamboes wat sal verseker dat dit geskut is teen die rofste water. En boonop is baie van hierdie ouens ook skippers van baie groter bote, wat beteken hulle ken die veskillende omstandighede. ‘n Wyse ding om te doen is om eers kontak te maak en raad te kry van hulle. Hulle ís boothengelaars en soos die manne met die lang stokke ook nie te geneë om al hulle geheime te deel nie. Maar hulle sal help so ver hulle kan, en dis reeds baie werd. Ek gaan nie hier uitbrei oor die nodige regulasies aangaande die amperbootjies nie. Vind uit wat dit behels en kry jou inligting asb. by ‘n kundige. Dis die eerste vereiste, en hou daarby, asb.  

Onthou dat enigeen maar onkundig aan die begin is en ook maar moes aanpas, so waarom nie jy nie? Net om jou lus so bietjie te prikkel. Indien jy aan al die vereistes voldoen en een of ander tyd stoot jy jou amperbootjie se neus na waar jy weet die ou groot bulle skuil, laat die ander manne maar wonder oor hoe hulle die vis gaan bykom!

Groete, Seemeeu

Kry jou amperbootjie

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles