Leerders van Laerskool Gansbaai het op Vrydag, 16 Oktober 2015 aan die Top 10 Atletiekbyeenkoms in Bredasdorp deelgeneem. Baie geluk aan hierdie span en dié wat medaljes verower het – ons is sommer baie trots op elkeen van julle!
Lede van die span wat goeie prestasies gelewer het, is:
Fiona Fourie - 2de plek in 100m; 3de plek in 75mH; 3de plek in 200m
Niel Engelbrecht - 2de plek in diskus
George Groenewald - 3de plek in gewigstoot
Jurie-Johann Groenewald - 3de plek in 1 200m
Niveena Jantjies - 4de plek in gewigstoot. (Sy het ook saam met die Hoërskole deelgeneem op 17 Oktober en ’n 4de plek in spiesgooi verower)
Anrie van Niekerk - 5de plek in 70mH
Dehan Botha - 5de plek in spiesgooi.
Annette Wessels