Michael-John Otto, ‘n oud-leerder van Laerskool Gansbaai, het op 2 en 3 Oktober vir die Bolandspan in die o/17 Inter-Provinsiale Sewes Toernooi op die veld gedraf.
Die Bolandspan het uitstekend gevaar en vierde van sestien provinsies regoor Suid-Afrika in die toernooi geëindig. Michael-John en sy trotse ouers, Hendry en Stefnie Otto van Gansbaai wil graag almal bedank wat bygedra het om hierdie droom van hom ‘n werklikheid te maak.