Op Saterdag, 17 Oktober 2015, het Stefan Stieger, graad 1-leerder van Laerskool Gansbaai, aan die Nasionale WOW Spelfees op Stellenbosch deelgeneem.
Nadat hy by 4 uitdunne ’n eerste plek behaal het en twee weke terug as die beste speller in die Wes-Kaap aangewys is, het hy nou ’n algehele 3de plek in Suid-Afrika behaal! Dit was Saterdag ’n baie strawwe kompetisie van meer as 2 ure.
Daar was later net 5 spellertjies wat net nie verkeerd gespel het nie! Hul is deur alle Graad 1, 2 en ’n groot deel van die Gr 3-woorde voor hul uiteindelik ’n 1ste, 2de en 3de plek kon bepaal.
Knap gedaan, Stefan! Laerskool Gansbaai, die hele Overberg en die hele Wes-Kaap is só baie trots op jou!
Alana Louw, Gr 1-opvoeder