Sakekamer-sake

 Sakekamer-sake

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sakekamerlede en gaste het op Maandag, 19 Oktober 2015 in die Toerismesaal bymekaargekom om etlike sake te bespreek. Voorsitter Kobus van Staden het die verwelkoming beharting, met Deon Kloppers wat gepas met Skriflesing en gebed geopen het, met die klem op “werk” en “samewerking”.

Die gasspreker, Inge Altona-de Klerk van White Shark Projects het onder andere oor die Mini Indaba in Hermanus op 27 Augustus 2015 terugvoering gegee. “Sowat 72 reisagente was teenwoordig en dit was ‘n groot bemarkingsgeleentheid vir die Overstrand,” het sy gesê. “Produk-eienaars was genooi om uitstallings in die Marine Hotel aan te bied wat behoorlik as ‘speed marketing’ bestempel kan word.”

Die aandete is in 3 verskillende restaurante in Hermanus en Stanford geniet. Van die reisagente het by verskillende gastehuise in Gansbaai oornag en is die volgende dag op besigtigingstoere geneem. Daarna het Murendiwa Dibibakwaone van Productivity South Africa ‘n kort, maar insiggewende aanbieding oor hul missie om verandering te bevorder om langtermyn en volhoubare besigheidsgeleenthede en werkskeppingsmoontlikhede daar te stel.

Enkele ander besprekings was onder andere: Terugvoer oor die AHI Kongres wat deur voorsitter Kobus van Staden en Hein van Wyk bygewoon is; die PACA; die verfraaiing van die dorp; Sekuriteit vir die dorp, soos voorheen volledig bespreek is, met Glenda Kitley wat gemeld het dat Gansbaai SAPD reeds fondse vir “flirs” ontvang het wat binnekort aangekoop sal word; LED, met Ally Msweli wat as toergids opgelei is en reeds toere in Masakhane aanbied; Gansbaai Toerisme wat steeds besig is met die uitrol van nuwe bemarkingsplanne, wat die bemarking van die nuwe teerpad insluit. Die afgelope Funky Fynbosfees is ook bespreek en word as ‘n sukses beskou, met moontlikhede van ander feeste in die dorp wat ook ondersoek word.

‘n Kort bespreking oor misdaad in die dorp en hoe om dit hok te slaan is ook bespreek. Kobus het weer eens die belangrikheid van sub-sakekamers, soos ‘n Junior Sakekamer beklemtoon. Die vergadering is met die geniet van smaaklike verversings deur Gansbaai OK Foods afgesluit.

Hardus Botha

 Sakekamer-sake

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles