Laat ons lewe met oorgawe en vertroue! GOD is getrou!

Laat ons lewe met oorgawe en vertroue! GOD is getrou!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Laat ons tot GOD nader met 'n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van 'n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water.

Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want GOD is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.

Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.” (Heb 10:22-24) 

Lees gerus weer hierdie drie verse uit Hebreërs 10. Stap dan verder saam met my langs hierdie geloofspad.  Maak seker dat jy in die voetpad bly en nie afdwaal in die bos in nie. Jy mag in enige noodsituasie, probleem of krisis GOD met vrymoedigheid na GOD gaan. Hy wag om jou by te staan. Maar dan moet jy dit doen met volle geloofsekerheid – met ander woorde, omdat jy weet dat jy gereinig is deur die bloed van Jesus Christus. Nie net jou liggaam is skoon gewas nie, maar veral jou skuldige gewete oor alles wat jy in die verlede kon verkeerd gedoen het aan ander, aan jouself en teenoor GOD, is volkome vergewe.

Baie kere sukkel ons om op die geloofspad te bly omdat ons nie hierdie wonderlike waarheid oor ons verlossing volkome ons eie gemaak het nie. Ons bly twyfel of ons gered is, of ons glo nie GOD het al ons sondes vergewe nie. Dalk moet jy sommer nou, net daar, bely dat jy nie GOD voluit geglo het nie. Sy woord is waar. Hy het gesê: “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” (1 Joh. 1:9) Dis só eenvoudig, doen dit net!

Die volgende stap volgens ons teks hierbo uit Hebreërs 10 is dat jy nou styf moet vashou aan hierdie hoop (die uitsien na die ewige lewe) want dit gee jou moed en krag wanneer alles rondom jou verkeerd loop. Saam met Dawid moet jy uitroep: “Ek wil my hoop op U gevestig hou, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting!”  Ps 59:10. Romeine 12:12 verduidelik hoekom jy eintlik van blydskap moet dans oor die hoop: “Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.” Hoop maak jou sterk in verdrukking (pyn) en vra dat jy volhard in gebed. Maar die belangrikste rede hoekom ons hierdie hoop moet koester is omdat GOD getrou is en altyd doen wat Hy beloof het (Lees weer Heb. 10:23)

Nou kom die heerlike opdrag aan jou en elke gelowige: “Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.” (Heb 10:24) Jy is gered! Jy is deel van GOD se wenspan! Jy is op pad na die ewige lewe! Hoekom dan nou stilsit en niksdoen nie? begin om jou mede-gelowiges te bemoedig, te versorg, te help in hulle nood en met liefde en goeie dade GOD se Koninkryk te bou! Kyk rondom jou. Daar is soveel geleenthede om GOD se werk op aarde te laat voortgaan. GOD is getrou. Doen jy jou deel!

Laat ons lewe met oorgawe en vertroue! GOD is getrou!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles