SuperSpar Chanel Vroueoggend

SuperSpar Chanel Vroueoggend

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Whow, Awsome verby, Fantasties, Sielsverreikend, Spesiaal, Absoluut Stylvol, Goodybag my Word, Deftigste funksie, voel of ek in Sun City was, was van die terugvoer wat ontvang is vir hierdie jaarlikse vroueoggend hier op Gansbaai. Dit was ‘n oggend om te onthou. Die fondse is hierdie jaar aan Cancer Vive geskenk ‘n formidabele instansie wat soveel mense se lewens raak en verander en inligting deurgee aan onkundiges. Ons gebede is saam met elkeen van hierdie besonderse mense.

Hannes van Wyk was ‘n verrassing om Superspar Gansbaai se 10 jaar te vier en het hy menige vroue aan die huil gehad met sy stories oor hoe hy sy ma ervaar en hoe ons as vroue vir hom uitstaan bo alle ander mense en hoe kosbaar ons  vir ons kinders en ons families is en dat ons dit nooit moet vergeet nie.

Alison Botha het haar onbeskryflike ervaring 24jaar terug met ons kom deel en vir ons die ABC geleer wat haar lewe vir haar makliker gemaak het ATTITUDE, BELIEVE & CHOICE. Sy is ‘n merkwaardige vrou en wat sy ons vertel het, is weer eens ‘n bewys van hoe ons Hoër Hand na ons omsien. Tydens haar aanval wat sy met ons gedeel het, het sy tot die besef gekom hulle kan alles met haar doen “but one thing they can’t touch is the power of my brain.” Weer eens besef ons dat die lewe elkeen van ons daagliks beproef en dat ons elke dag moet leef asof dit ons laaste gaan wees en dat niks vir ons ontmoontlik moet wees nie. Sy het baie mense se lewens al verander en ek glo sy was vir vele van ons in die gehoor ‘n absolute inspirasie.

Die gaste is vermaak met Altus Theart wat nie net akteur is nie maar ook uitstekend kan sing. Wat ‘n absolute voorreg om hom hier te kon ontvang, hy was soos koue water op ‘n warm dag net so fantasties.

Al die vrouens het ‘n geskenkpak ontvang en nog geskenkies om huis toe te neem. ‘n Driegangmaaltyd, wat voorberei was deur Yolanda Liebenberg (sy mag maar kosmaak), ‘n oggend wat beslis elke sent die moeite werd was en glo ek om elkeen weer volgende jaar vir nog ‘n wonderlike en inspirerende vroueoggend te sien. So ‘n funksie neem maande se beplanning en voorbereiding tot nog die oggend van die funksie en wil ek graag die volgende bedank.

Dankie is maar ‘n klein woordjie en nie blomme, kaartjies of geskenke kan verduidelik van my dankbaarheid teenoor elkeen van hierdie mense nie. Elke jaar met hierdie funksie  is hulle deel van ons raamwerk wat mens sommer net nie op ander dorpe vind nie.

Die ondersteuning, opoffering en lojaliteit teenoor die saak is vir my 'n riem onder my hart en staan ek ongelooflik dankbaar teenoor elkeen van hulle: Gansbaai Superspar, Spar-DC Wes Kaap, Coca-Cola, JC le Roux, Henties, Eagles Cliff Wynmakers, Quilly Sappe, Ilse Kloppers, Michael Geldenhuys, Function for Hire, Melodrama, André Hage, NG Kerk, Amanda de Vries (Franskraal B&B), Leon Carstens, 65 on Cliff, Engen Hermanus, Kantoorpersoneel van Spar, Sanchia Chivell, Golfklub, Gr 6,8,9 meisies van Laerskool Gansbaai & Hermanus Hoërskool, Darling Sappe en Yolanda Liebenberg. My fantastiese 3 dogters, my man, Morkel en Chris Linnert, my wonderlike regterhand.

Sien julle volgende jaar vir nog ‘n groter oggend.

Chrizulene van Niekerk                                     Foto's Sanchia Chivell

SuperSpar Chanel Vroueoggend

Chrizulene van Niekerk / Collage Monica Hayes

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles