B’bos en Groeneweide Markte

B’bos en Groeneweide Markte

Gansbaai Courant

Die gedagte van ‘n boeremark het sy ontstaan aan die aanvanklike ruilhandel tussen die buurvroue op die plase te danke. Die een ruil slaaiblare vir melk, die ander sny hare en word betaal met eiers. As jy te veel uie of tamatieplantjies het, ruil jy weer met die buurvrou vir groenbone, ens.

Ons tuine het egter so gegroei dat ons  meer gehad het as wat ons self kon gebruik, vandaar die besluit om ook te ‘deel’ met die dorpenaars. Ons het ook besef dat die groente van ons omgewing word weggery na ander dorpe en ons plaaslike mense kry nie altyd die voordeel van die vars goed uit die kontrei nie. Ons het baie gepraat oor die moontlikheid van ‘n mark op die plaas - of ‘n geleentheid waar die mense uit die dorp kan kom groente pluk wat in seisoen is in jou tuin.

Ons het egter net bly praat, want toegang tot ons plase was vir ‘n paar jaar ‘n nagmerrie en die boere wat regtig met groente boer, was te besig om betrokke te raak, met reg, want hulle het geweet van tye waar daar niks groei nie en al die ander probleme rondom die verskaffing van vars produkte. Einde verlede jaar het ons op baie kort kennisgewing besluit om te begin met ‘n boeremark in die Industriele gebied op Westbury Speciality Feeds se perseel, omdat een van die buurvroue begin geld insamel het vir haar graad 10 dogter se oorsese toer en dit was sommer vir almal ‘n aansporing!

Ons het onder ons boerekliënte gevra om te kom deelneem, maar ook vroue en mans met vlytige vingers in die dorp. Die Markie het ‘n hele klomp gereelde ondersteuners gehad. Sommige uitstallers het baie goed gedoen en sommige het na een probeerslag moed opgegee. Die Markie was egter elke laaste Vrydag van die maand ‘n baie gesellige affêre, met lag en gesels en die bespreking van misoeste as gevolg van ‘n dorpertrop wat nie binne drade bly nie! Ruilhandel was steeds aan die orde van die dag - nou nie tussen buurvroue, maar tussen stalletjiehouers! Na die voltooing van die pad tussen B’bos en Gansbaai het ons besluit dat die mark nou moet plaas toe skuif, maar almal se onderdakstrukture was reeds beset met  plaaswerksaamhede! En ‘n mark in die oopte sou net nie werk nie! ‘n Voorstel van een buurvrou is toe Bbos. Hierdie besluit is baie goed ontvang.

Ons het Kallie en Mariaan, wat die Strandveld Pub en Grill fasiliteit bestuur, vanuit Strandveld landbou-vereeniging se gebou, gevra of hulle sou belangstel om die mark eenmaal per maand te akkomodeer. Hulle het gedink dit kan werk. Ons probleem was egter dat alle plaaslike mense nie altyd wil B'bos toe ry nie en siende dat die span van Groeneweide Kwekery van die begin af deel was van ons Markie, is besluit dat daar ook ‘n Markie by Groeneweide gehou sal word. Die eenparige besluit was toe ‘n middel van die maand mark by Groeneweide en ‘n einde van die maand mark by B’bos. Daar was nou al ‘n suksesvolle mark by Groeneweide asook op B’bos.

Ons betrek al meer plaaslike produsente en hulle produkte - die volgende B’bos mark sal onder andere vleisprodukte en meer suiwelprodukte hê as die vorige markte, asook vars blomme van die omgewing, gebak en gekook, ingel en gefermenteer, handgemaakte kunsprodukte en baie om te eet. Kontreikos is aan die orde van die dag! Kerrie afval en waterblommetjie bredie! Ons hoop dat ons uiteindelike doel met die plaasmarkte in die volgende jaar bereik sal word en dit is dat ons plaaslike mense twee maal per maand direk van die boer en uitstaller goeie produkte teen bekostigbare pryse sal kan koop in ‘n lekker kuieruitstappie vir die hele gesin, by Groeneweide of op Baardskeerdersbos by die Strandveld Pub en Gril.

‘n Klompie van ons vroue op die plase wil ook baie graag klein skeppende projekte onder die plaaswerkers se vroue begin en ‘n bietjie vir hulle ‘skills’ aanleer waarmee hulle vir hulself ‘n klein inkomste kan bewerkstellig. Die totstandkoming van die twee markte is ook die begin van die ontwikkeling van ‘n mark waar die plaaswerkers se vroue se produkte verkoop kan word. Ons het ‘n hele paar idees van wat ons hulle wil leer doen, dit is egter belangrik om eers ‘n mark te skep. Ons wil dus almal nooi wat tuis skeppend is en ‘n plek soek om jou goed van die hand te sit om ons te kontak. Op die oomblik staan die lys vir  uitstallers aan die einde van Oktober reeds op 20 stalletjiehouers! Die mark is elke keer feestelik!

Kom loer dus in. Kontak: Betsie by 083-655-5545 (B’bos mark) en Mathilda by 082-301-9041 (Groeneweide mark)

Betsie Slippers

B’bos en Groeneweide Markte

Betsie Slippers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles